Hoe sê?
Die ministerie van landbou, water en bosbou was die week twee keer op die voorblad met antwoorde oor aktuele kwessies waarop die publiek se teenvraag met moet wees: “Askuus?”
Nie dat die ministerie die enigste met swakplekke in sy mondering is nie. Daar is ‘n lang lys ander; van hulle met groter probleme.
Die minister, mnr. Alpheus !Naruseb, se verduideliking aan die Nasionale Vergadering dat daar “onsekerheid” was of omgewingsklaringsertifikate nodig is voor houtoespermitte toegestaan word, skreeu ten hemele. Die Grondwet self plaas die omgewing naas ander regte eerste. “Ons het nie geweet nie,” is geen verweer nie.
Die houtskandaal is ‘n internasionale verleentheid; ‘n vlek op Namibië se oorwegend goeie bewaringsgetuigskrif.
Dit werp opnuut, soos op baie fronte, die vraag op hoe – en of – die kabinet, ministers, hul adjunkte, senior besluitnemers en amptenary hul in die uitvoering van hul pligte behoorlik deur die wet laat lei.
Namibiërs aanvaar ook nie die betrokke ministeries se hande is afgekap en net die polisie kan oortreders vervolg nie. Die ministeries moet die vervolging eis en help afdwing om persepsies van korrupte en onbeholpe wanbestuur in die kiem te smoor.
Veeartsenykantore in verskeie streke se gereelde gebrek aan elektrisiteit is deur woordvoerder Percy Misika toegeskryf aan sekere beamptes se “swak samewerking”. Hoe sê? As rekeninge laat betaal word, sal dienste opgeskort word.
Regerings- en administratiewe lui moet ophou dink Namibiërs is kuikens.
So sê ander
26 Junie 2019
Boris Johnson as premier gaan dit nie maklik kry nie
Boris Johnson of Jeremy Hunt – dít is die keuse vir die 160 000 ingeskrewe lede van die Britse Konserwatiewe Party wat ’n nuwe partyleier moet kies.
As ’n mens on-ideologies na die saak kyk en die Brexit-kwessie buite rekening laat, is die keuse duidelik. Hunt is ’n enigsins saai, maar deeglike man wat die portefeulje buitelandse sake bekwaam gehanteer het.
Johnson is ’n flagrante leuenaar wie se loopbaan met die een leuen of misleidende uitspraak ná die ander deurspek is. Boonop word die koor ál groter wat eis dat Johnson verduidelik waarom die polisie verlede week na sy huis ontbied is oor ’n rusie met sy vriendin. Maar hy is ook charismaties en sjarmant, die produk van die Engelse elite by wie welsprekendheid en uiterlike maniere dikwels belangriker as eerlikheid en bekwaamheid is.
Die kans is oorweldigend dat die naam van die volgende Britse premier Boris Johnson sal wees. Maar hoe lank sal sy premierskap duur? Hy gaan te make kry met presies dieselfde gifbeker waarteen (Theresa) May haar te pletter geloop het. Die kans dat hy beter as May kan vaar om toegewings van Brussel af te dwing, is nagenoeg nul.
Bowendien tel Johnson se beeld as leuenaar in die internasionale politiek sterk teen hom (behalwe in Washington). Johnson gaan dit as premier geensins maklik kry nie. Hy kan sy boude maar vet smeer.
• BEELD/DIE BURGER

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie