Hoe skoner, hoe mooier
Hoe skoner, hoe mooier

Hoe skoner, hoe mooier

Namibia Media Holdings gaan vanjaar die skoonste dorp in die land beloon.
Toerisme beskik oor die potensiaal om armoede en werkloosheid in Namibië te takel, en bly een van die sterkste pilare van die Namibiese ekonomie.

Om toeriste te lok, is vir elke dorp in die land ''n uitdaging én motivering. In die lig hiervan gaan Namibia Media Holdings (NMH) vanjaar die skoonste dorp in die land beloon. Die inisiatief vorm deel van die maatskappy se bydrae tot die groei van toerisme in die land deur middel van geleenthede soos die jaarlikse en gewilde Namibië Toerisme Ekspo, sowel as die pragpublikasie Tourismus.

Plaaslike owerhede word ook uitgesonder met hul deelname aan die gewilde Dorp van die Jaar-kompetisie, met die fokus wat vanjaar onder meer op die strewe na ''n skoner dorp val. Dit is ''n voortgesette projek vir die volgende drie jaar, met evualerings wat jaarliks gedoen sal word. Die inisiatief het ten doel om ''n waardestelsel te skep wat inwoners se trots op van hul woning tot hul dorp sal aanwakker. Die kompetisie word verbind met die Namibië Toerisme Ekspo, en moedig huidige en toekomstige deelnemende dorpe aan om hul omgewing meer aangenaam en aanskoulik vir inwoners en toeriste te maak.

Tot op hede het 21 dorpe landwyd positief op die oproep tot ''n skoner dorp gereageer. Die projek word ondersteun deur die Namibiese Toerismeraad, die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, Coca-Cola en Kanaal 7.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!