Hoekom ek by die LPM staan
Hoekom ek by die LPM staan

Hoekom ek by die LPM staan

Mandy Rittmann
FRITZ H DAUSAB SKRYF:

Die oorvloed van partye wat vir die gesogte plek van mag baklei, het burgers na alkohol of sneesdoekies laat gryp omdat geeneen van die politieke partye in die parlement die afgelope 29 jaar verlore rykdom of grond kon herverdeel nie.

Die Duitse koloniale administrasie het afgesien van volksmoorde teen die Nama- en Herero-bevolking al hierdie twee groepe se rykdom geplunder. Die Suid-Afrikaanse koloniale administrasie het Namibië onder leiding van Brittanje as ’n C-mandaat oorgeneem, apartheid ingevoer, minerale bronne geplunder en voortgegaan met die kontrakarbeidstelsel wat deur Duitsland ingestel is en veral in die Suide Namibiërs se grond afgeneem.

Die invoer en vestiging van Suid-Afrikaanse ondernemings in Namibië het gelei tot noue integrasie met Suid-Afrika, en die gevolglike, onbeperkte welvaart wat Namibië jaarliks in die vorm van wins verlaat het en Namibië struktureel onderontwikkel gelaat het.

Die omgekeerde rassisme en opheffing van Swapo na 1990 is die derde soort kolonialisme wat begin het met die onafhanklikheid van Namibië, die terugkeer van bannelinge en die deponering van miljoene se geskenkte fondse in persoonlike rekeninge. Bannelinge het teruggekeer met die suiwere intensie om Namibië te regeer vir alle Namibiërs, maar het Namibië dadelik begin plunder en leiers vervang wat nie die land verlaat het nie, maar hul tog teen apartheid verset het.

Die ekonomie verkeer al drie jaar in 'n resessie, staatskuld beloop N$111 miljard, industrialisasie bly ’n pypdroom en werkloosheid is die hoogste in die geskiedenis. Namibiërs word keer op keer herinner aan opofferings en die bevrydingstryd, maar niks substansieel word gesê oor voortgesette armoede, 'n wanhopige onderwysstelsel en waardetoevoeging tot natuurlike produkte nie.

As ’n party met integriteit en deursigtige ontwikkelingsplanne kan kiesers die jong, maar gesoute LPM ’n kans gee om hulle te lei. Die ervaring van LPM se leierkorps sluit in die begin en bestuur van multinasionale ondernemings, werk in die regering en die private sektor. Ons is gereed om ’n bestuurspan met ongewone metodes op elke gebied uit die breë gemeenskap saam te stel.

EKONOMIE

Die LPM sal die ekonomie regruk deur staatsbeheerde industrialisasie. Internasionale verpligtinge moet nagekom word om ons finansies te stabiliseer en ons skuld te verlaag.

Ons doel is om die ongelykhede op nasionale vlak reg te stel deur maatskaplike toelaes vir die kwesbaarste en armes te verhoog, en tweedens deur te verseker dat alle Namibiërs in diens geneem word.

Die binnelandse inkomstediens moet korrekte belastings herwin. Metodes hiervoor sal wees lewenstyloudits, internasionale samewerking met Interpol en protokols met ander lande om geldwassery te verhoed.

Om te help met die droogte sal LPM ’n nulkoers BTW op dierevoere en saad hef.

In teenstelling met die huidige regering wat op beleggers wag, sal LPM die soort beleggers wat Namibië benodig self opsoek en uitnooi om ons te help met werkskepping, vaardigheidsoordrag en bedrywe wat Namibiese hulpbronne komplementeer.

WERKLOOSHEID EN HEROPVOEDING VAN DIE ARBEIDSMAG

Ons doel is om 30% van staatsamptenare wat ouer as 55 is met vroeë pensioen te laat aftree. Vakbonde moet die oplossing oorweeg aangesien dit geld sal vrystel vir belegging, ontwikkeling en verdieping van ons industriële basis. ’n Deel van die jeug sal so in diens geneem kan word en die GIPF-uitvloei na afgetredenes sal 'n hupstoot kry.

Die nasionale uitvoerende span het reeds ’n aantal vervaardigingsmoontlikhede vir werkskepping en opleiding ondersoek, wat kan begin sodra herinvestering gedoen is. Ons grootste uitdaging is die droogte en gevolglike migrasie van landelike mense na die dorpe en stede. Dit sal stopgesit word deur ontwikkeling na landelike gebiede te bring deur in die opknapping van landbouproduksie en groenskemas regoor die land te belê.

Ons moet verlore arbeid red deur ons jeug en werklose volwassenes te “reskill” met behulp van ons handelsvennote en lande wat hulp verleen. Die regering moet meer beroepsentrums oprig in samewerking met Europese mentors met voldoende vaardighede in industrialisering.

KORRUPSIE EN DIE REGBANK

Die party beoog om Namibië van korrupsie te bevry deur die vestiging van ‘n Openbare Beskermer wat die ACC en Ombudsman sal vervang. Die kantoor sal nie aan die president of parlement verantwoordelik wees nie, met ’n eie begroting volgens die grondwet.

Namibië het ’n regbank nodig wat nie aan regerende partye of die elite verbonde is nie. Gespesialiseerde howe is nodig vir misdade soos korrupsie, verkragting, spoedoortredings, dronkbestuur en GBV-misdade. Meer maatskaplike werkers sal opgelei word om slagoffers te help.

Onder die LPM kan Namibië binne vyf tot tien jaar ’n welvaartskeppende land met sy eie krag, kos en nywerhede word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!