Hoekom hierdie groot herrie?
ETTEBAB skryf:
Ek reageer graag in Afrikaans op die brief "Why the big fuss about NEEEF?"
Dit kom voor asof die skrywer verkleinerend reageer teenoor skrywes ontvang oor NEEEF vanaf “those who unashamedly benefitted from racial laws”.
En wat gebeur dan nou?
Gaan mense nie ook nou “unashamedly benefit” deur ’n wet wat maak dat sekeres sommer net ontvang, sonder om daarvoor te gewerk het, dit opgebou het en werk verskaf aan baie mense?
Daar is van ons mede-Namibiers wat ook “previously disadvantaged” was, maar hulle het onder begin en vir hulle besighede opgebou en weet wat dit elke dag behels. Vir hulle het ons respek en bewondering.
Hulle het nie op die rug gery van selfbejammering nie. Hulle het iets positief en eerlik gedoen en gewerk om te wees waar hulle vandag is.
Diegene wat in firmas opgeneem is en wie se name nou deel van besighede se name is, het daar gekom omdat hulle daarvoor gewerk het, 'n bygedrae gelewer het, hulself waardig en vaardig bewys het.
Die skrywer moet liewer ’n voorstander wees vir beter onderwys geleenthede vir vandag se jong mense en genoeg skole – “education does not only teach one about things, but teaches one to think.” Om vir jouself te dink en nie deur ander beïnvloed te word nie.
Opmerkings word gemaak soos “tear jerking accounts” en “series of emotional stories”. As die situasie net omgedraai was, sou jy die wêreld se begrip gevra het – maar nou is dit geregverdig om neerhalend te wees?
Sou jy gelukkig gewees het as jy iets van die grond af opbou en iemand anders stap sommer net in, iemand wat nie gewerk het om ingetrek te word weens sy/haar bekwaamheid en vaardigheid het, iemand wat net daar is vir die finansiële gewin?
Mense het sedert 1990 die geleentheid gehad om hulle geleerdheid ensovoorts te gebruik om hulle eie besighede tot stand te bring, want die regering het mos voorsiening gemaak.
Iemand wat opgeneem word in die direksie of topbestuur van ’n firma moet daar wees vir wat daardie persoon vir die firma en die firma se werknemers kan beteken.
Wanneer gaan die besef deurdring dat nie all blanke persone in weelde gebore is nie, dat ten spyte van die “voordele” alles nie in almal se skote geval het nie? Van hulle moes byvoorbeeld op die paaie werk en brûe bou, in sinkhuisies en warm karavane in padkampe bly en hulle salarisse was maar beroerd. Hulle was nie gebore met “direkteur”-etikette om die nek nie. Hulle het nie in groot kantore gesit nie, hulle het in die son gewerk.
Hoe gaan die “majority” deur NEEEF baat? Ek dink steeds die “majority” gaan nog net daar sit waar hulle is, want daar is net ’n klein persentasie reeds bevoorregte “previously disadvantaged” persone wat verder verryk gaan word – die arm man in sy “shack” gaan nog steeds net sit waar hy nou sit.
Kom ons beywer ons liewer vir beter skole en onderrig. Daarby moet ouers en kinders onderrig sien as die geleentheid om iets van jouself te maak.
Hoe jy jou skoollewe aanpak, hang van jouself af. Om skool toe gaan, is om jou voor te berei vir die lewe. Op skool leer ’n mens reeds jy moet werk om aan standaarde te voldoen. Jy moet toegewyd wees, gedissiplineerd en jy moet logika gebruik. Dit is alles later van toepassing op die werk en lewe.
Gee die kinders goeie onderrig om hulle die kanse te gee wat hulle voorouers nie gehad het nie.
Kom ons spreek armoede en ongeletterdheid op ’n ander wyse aan.
Kom ons kyk eerder hoe almal kan help om die probleem op te los, sonder om kleur/ras, politiek en die verlede in te bring en gedurig vinger te wys.
Die hede kan nie vir die volgende 500 jaar nog die blaam op die verlede bly plaas nie, net om iets en iemand anders skuld te gee vir huidige probleme nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie