• Tuisblad
  • Sake
  • Hoekom openbaar Shoprite nou Wiese se stemmery?
Hoekom openbaar Shoprite nou Wiese se stemmery?
Hoekom openbaar Shoprite nou Wiese se stemmery?

Hoekom openbaar Shoprite nou Wiese se stemmery?

In die omsigtigheidsverklaring is gesê indien die transaksie suksesvol is, gaan dit ’n wesenlike impak op Shoprite se aandeelprys hê.
Nellie Brand-Jonker – Die Shoprite-groep het Donderdag in ’n vreemde stap vir die eerste keer ’n aankondiging gemaak wat toon hoe Christo Wiese, sy grootste aandeelhouer en voorsitter, met sy spesiale aandele stem.

Die aankondiging het dadelik opgeval omdat dit die uitslag van aandeelhouers se stemme op die jaarvergadering van 29 Oktober 2018 bevat.

Dit het ook opgeval omdat dit vir die eerste keer Wiese se spesiale stem (of uitgestelde aandele) apart van die stemmery van die gewone aandele getoon het.

Shoprite wou nie kommentaar lewer oor die skielike heruitreiking van die resultate van die jaarvergadering maande ná die vergadering nie.

Dit kom ook kort nadat Shoprite vroeër die week aangekondig het dat hy steeds met Wiese onderhandel oor die moontlike verkryging of aflossing en kansellasie van al sy spesiale aandele.

Vandeesweek is in die omsigtigheidsverklaring gesê indien die transaksie suksesvol is, gaan dit ’n wesenlike impak op Shoprite se aandeelprys hê.

Voorheen is bloot gesê dit kan ’n impak op sy aandeelprys hê.

Die JSE het by navraag gesê hy het ter nakoming van die noteringsvereistes die maatskappy versoek om die aankondiging te publiseer.

Of enigiets nou verander het om dit te vereis, het André Visser, bestuurder van noteringsregulering van die JSE, gesê die reëls het ’n paar jaar gelede verander om maatskappye te verplig om dit aan te kondig.

“Daar was wel in sekere geledere onsekerheid oor of dit nodig was per klas (aandele), veral as die een klas nie genoteer is nie.

“Die JSE-reëls vereis dit wel so en ons het hulle dus gevra om die laaste aankondiging reg te stel en dit dan ook vorentoe so te openbaar.”

Of iemand gekla het en hoekom die JSE nou wakker skrik, het hy gesê: “Daar is nie meer baie maatskappye wat twee klasse van aandele het nie; dit is nie meer ’n algemene verskynsel nie. Ons het wel ’n navraag oor die een ontvang.”

Die heruitgereikte aankondiging toon al die 305,6 miljoen uitgestelde aandele is op elke besluit gestem en elke keer is 100% ten gunste van elke besluit gestem.

Dit is dus net die gewone aandeelhouers wat met baie hoë teenstemme teen sekere besluite gestem het.

Wiese het ook gewone aandele van 14%. Die uitgestelde aandele se stemreg beloop 32,3%. Saam met die uitgestelde aandele hou hy dus sowat 42,8% se stemreg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer