Hoekom sien sakesektor nie waarde hierin?
Vanaf junior vlak tot Statebond- en Wêreldbeker-toernooie behoort in Namibië se visier te wees, maar geld is oënskynlik moeilik bekombaar.
Andrew Poolman
Wanneer Namibië se sewesrugbyspan by die een internasionale toernooi ná die ander afwesig is, is die rede nie omdat die plaaslike talent te kort skiet of deur die res van die wêreld misgekyk word nie, maar alleenlik vanweë die gebrek aan geldelike belegging in plaaslike sewesrugby.
Die afrigter van Namibië, mnr. Jurie Booysen, krap sy kop oor die voortdurende stryd om 'n blywende korporatiewe borg vir die seweskode te vind.
Die afwesigheid van finansiering is 'n ernstige belemmernis vir die sport se ontwikkeling, doelwitte en selfs voortbestaan.
Booysen sê die land ontvang gereeld uitnodigings na sewestoernooie – beide op jeug- en senior vlak – wat dan egter vanweë 'n geldtekort agterweë gelaat word.
Een deurslaggewende geleentheid is volgende maand se Afrikabekertoernooi in Kampala, Uganda in. Dit sal opnuut die Afrika-lande se kans wees om na die Hongkong Sewes van volgende jaar genooi te word. 'n Goeie vertoning daar kan ook die sleutel hou om vir die 2018 Wêreldbekersewestoernooi in die VSA te kwalifiseer.
Die 2018 Statebondspele in Australië is nóg 'n blink geleentheid om 'n Namibiese spansport op die hoogste vlak in die kollig te plaas.
Soos elke jaar sal die Hongkong Sewes vir die ontluikende lande as die kans dien om 'n plek op die HSBC Sewesreeks te verdien. Die waarde van die internasionale blootstelling wat op dié reeks verkry word, kan beswaarlik oorbeklemtoon word.
“Deelname aan opwarmtoernooie is belangrik om 'n span vooraf saam te snoer om by die groot geleenthede op sy beste te wees,” sê Booysen.
Volgens Booysen is die afgelope tyd beduidende vordering gemaak om die struktuur van die plaaslike sport te versterk. 'n Skoleprogram is in die laaste jaar op die been gebring waaroor tevore net gepraat is.
Die Safland Sewes op Swakopmund laas November was 'n internasionale skouspel met lande soos Kenia, Duitsland, Zambië en Namibië wat hulself kon meet teen Suid-Afrika se Blitsbokke, wat dié voorseisoen geleentheid gebruik het om vir hul triomfantelike aanslag op die HSBC Wêreldreeks te slyp.
Net so het die internasionale skoletoernooi ter opening van Windhoek Gimnasium se rugbyveld met die kunsoppervlak ook groot belangstelling opgewek. Suid-Afrika se o.18-span was onkeerbaar in die finaal teen Namibië, hoewel die gasheerspan hulle die vorige aand in gietende reën sommer lekker opdraand gegee het (35-24).
Booysen sê: “As 'n afrigter is dit baie frustrerend om toe te kyk hoe die potensiële groei van die sport belemmer word. Dinge kan soveel vinniger vorder indien finansiering uit die sakesektor beskikbaar is. Sewesrugby is 'n platform waarop Namibiese sport wyd naam kan maak, maar al ons moeite om potensiële borge te werf, lewer min resultate.”
Die verpligtinge van die elite spelers in die Namibië Rugby-unie se vyftienman-rugbyspanne bring boonop mee dat Booysen nooit toegang het tot die gevestigde sterre nie.
Terwyl hy beperk word tot die talent wat hy uit rugbyklubs se eerste en selfs tweede spanne kan ontgin, het sommige spelers intussen gevorder om in die 15-spel tot op Curriebeker-vlak gekies te word.
“Ek kla nie oor dié stand van sake nie, maar stel jou voor wat ons kan regkry en hoeveel vinniger ons kan vorder as ons soms toegang tot sterspelers soos Gino Wilson, Johann Tromp en dié klas manne kan kry. Behoort sulke ouens nie in die prentjie te wees as jy uiteindelik jou nasionale span by die Statebondspele en Wêreldbeker wil sien speel nie?
“Dink waar ons nou al sou gewees het as ons daai kwalifiserende plek kon verseker het om komende Desember reeds in die HSBC Wêreldreeks te kon begin speel.
“As jou nasionale span goed vaar, laat ontvlam dit die belangstelling in die sport vanaf jeugvlak boontoe.
“Dit kos tyd en energie om spelers te ontwikkel. Ons weet dat spelers se leerproses soveel vinniger gaan wanneer hulle gereeld speel. Hulle moet geleenthede kry om te wys dat hulle in druksituasies kan presteer. 'n Speler kan uit sy foute in een groot wedstryd meer leer as wat 'n afrigter in 'n jaar kan oordra.
“Ek verstaan dat die land se ekonomie swaar kry, maar ek sukkel om te begryp hoekom daar so min belangstelling in die korporatiewe wêreld is om betrokke te raak en 'n sportkode met soveel potensiaal te ondersteun.
“Vir ons vorige oefenkampe het ons soms beswaarlik geld gehad om ons uitgawes vir brandstof en verblyf te dek – wat nog te sê van 'n voltydse speler vir 'n week of twee uit sy kontrak te koop om deel van ons aanslag te wees.”
Laas naweek se Zambië Sewestoernooi was een so 'n geleentheid vir slypkans wat reeds vir die Namibiërs verbygegaan het. Die gasheerland het vir Zimbabwe in die finaal met 14-12 geklop. Die Namibië Brouerye en Paratus Telecom is twee van die prominente borge van dié toernooi en van Zambië se sewesrugbyprogram.
Op 'n jonger vlak het die gebrek aan finansiering ook die laat uitnodiging laat verbygaan om dalk laas Juliemaand 'n nasionale o.17-span na die Statebond Jeugspele in die Bahamas te kon stuur.
“Met die geld wat vir ons Afrika-kompetisie insluitend Zimbabwe, Zambië, Uganda en uiteraard Kenia beskikbaar gestel word, wys hulle groter erns met die toepassing van die beginsels van sukses in sewesrugby.
“'n Mens kan die ontwikkeling van 'n sport sy normale gang laat gaan, of jy kan druk toepas om die tempo te versnel. Ons probeer die boodskap by die publiek tuisbring dat hier 'n geleentheid is om laasgenoemde te doen.”
Volgens Booysen behoort die volgende internasionale uitnodigings en toernooie deel van die beplanning vir die volgende maande te wees:
JEUGVLAK
Oktober 2018: Olimpiese Jeugspele, Buenos Aires, Brasilië
16 September 2017: Gaborone Sewes
17 Maart 2018: Vic Falls Sewes, Zimbabwe
15 Julie 2018: Texas-toernooi, VSA
AKADEMIESPAN
25 Augustus 2017: Tswane Sewes
16 September 2017: Gaborone Sewes
13 Oktober 2017: SuperSevens Kaapstad
28 Oktober 2017: Assupol-toernooi, Stellenbosch
4 November 2017: Royal Bafokeng-toernooi, Mpumalanga
19 Januarie 2018: Nigerië
10 Maart 2018: Uganda Sewes
17 Maart 2018: Vic Falls, Zimbabwe
NASIONALE SPAN
2 September 2017: Zambië Sewes
23 September 2017: Maseru Sewes, Lesotho
5-6 Oktober 2017: Afrikabeker, Kampala, Uganda
9-10 Desember 2017: Dubai Sewes
6 April 2018: Hongkong Sewes
14 April 2018: Statebondspele, Gold Coast, Australië
29 Junie 2018: Malawi Sewes
20 Julie 2018: Wêreldbeker, San Francisco, VSA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie