Hoekom sou ons jok?
Iréne-Mari van der Walt – My grootste lewensleuse is dat ’n ieder en ’n elk van ons eenvoudig net die protagonis van ons eie lewens is. Ons almal probeer om te doen wat ons dink die beste is onder ons unieke omstandighede. Elkeen van ons kan net ons beste gee.
Dit wil sê ek glo nie mense steel of trek mekaar wol oor die oë net omdat hulle kan nie. Ek glo mense is goedgesind gebore en ons word deur die lewe se harde houe verander. Ek sal nooit vir iemand jok omdat jok jok is nie. Ek sal nooit iemand besteel omdat steel steel is nie. Daar is ?’n rede daarvoor.
Diewe steel omdat hulle glo hulle het geen alternatief nie of omdat hulle benoud is oor ’n moontlike tekort in die toekoms. Daar is natuurlik mense wat van nature net bose mense is, maar hulle is nie so volop soos jy sou dink nie. Almal probeer net hul bes doen. As iemand jou weer leed aandoen, vra jouself af waarom hulle gevoel het dit was die enigste uitweg. Het iemand vir jou gejok omdat hulle bang was die waarheid sal jou seermaak of dalk omdat hulle skaam vir hulself was?
Op dieselfde manier wat jy die protagonis van jou lewe is, is ek ook en ek weet dieselfde is waar vir my kollegas. Agter elke woord wat in hierdie koerant gedruk word, is iemand wat hul beste gegee het. Elkeen is ’n persoon met ’n lewe wat net so ingewikkeld soos joune is, wat werklik net hul werk probeer doen. Maar toe ’n mediahuis onlangs in die sosiale media die nuus versprei dat ’n Oxford-studie bevind het ivermektien is wel nie effektief as teenmiddel vir Covid-19 nie, word die media en selfs mediese praktisyns in die kommentaar uitgekryt. Ek en my kollega sit langs mekaar en lees die kommentaar.
“Watter rede het ons om te jok?” vra ek. Ek het die vorige dag vir ’n vriend vertel dit sou moeite verg om ’n leuen – gepas vir die media – aanmekaar te timmer. Ek sou my reputasie en daarmee saam my loopbaan in gedrang stel. Waarvoor?
Ek het die afgelope 10 jaar wat ek in Namibië bly my hart aan die Namibiese volk gegee en ek sal my beste vir hierdie volk gee tot ek my laaste asem uitblaas.
My salaris raak nie meer of minder as ek vir of teen ’n entstof skryf nie en die Wêreldgesondheidsorganisasie koop nie vir my ’n nuwe Porsche nie. Waarom sou ons jok?
Ek was nog altyd ’n taalkind en ek het ’n joernalis geword omdat dit die beste manier is waarop ’n taalkind haar mense kan help. Wetenskap is nie vir my nie en daarom kan ek niemand gesond maak nie, maar ek kan deur die mag van die pers help waar ek kan.
As daar ’n wonderkuur teen Covid-19 was, sou ek die eerste een wees om dit aan te beveel. Ek wil nie hê die land moet siek wees nie. Ek wil nie elke dag hoor van ’n volgende persoon wat dood is nie. Hoekom sou ons ’n wonderkuur geheim hou as daar een was?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie