Hoekom van die mense kwaad is
Hoekom van die mense kwaad is

Hoekom van die mense kwaad is

Dani Booysen
VANAF DIE KANTLYN SKRYF:

Geagte President.

U vra hoekom die mense kwaad is. Ek dink nie u moet die mense vrae vra oor hoekom hulle kwaad is nie. Die regering het hierdie land in die afgrond af gestuur. Mense se oë is besig om oop te gaan.

Die feit dat julle terwyl ons in die gemors is nog steeds blindelings besig is te plunder, is totaal onaanvaarbaar. Vir wat moet 'n nuwe Swapo-hoofkantoor ook juis nou dat ons in ellende verkeer gebou word? Gebruik fondse op die regte plek en manier.

Die probleem wat julle ook nie verstaan nie, is dat die Chinese belegings nie werklik dit is nie. Word in hemelsnaam wakker.

As hulle werklik wil hê daar moet ekonomiese ontwikkeling en groei plaasvind, sal dit so moet werk.

1) Ons gaan 50 miljoen vir julle leen om die pad te bou. Ons gaan plaaslike mense en kontrakteurs gebruik. Ons sal bestaande maatskappye ondersteun deur al ons grondverskuiwingsmasjiene, implimente en tipper lorries ens. hier deur bestaande maatskappye te koop. Daardie "friends" van Namibië lei julle om die bos.

2) As hulle vir julle moet bou, laat alles plaaslik gekoop word. Hier is genoeg maatskappye wat boumateriaal verskaf. Ek vra weer hoekom moet hulle van 'n troffel tot kruiwa en graaf inbring? Julle kan die hulp/lening/ konkelry seker aanvaar, maar stel julle voorwaardes laat ons land nie verder die riool af gaan nie. As julle beleggers plaaslike maatskappye ondersteun, sal daar altyd werkskepping wees en julle kan die belasting vorder.

Tot so ver.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!