Hoenderborsies met vulsel op romerige pasta
Hoenderborsies met vulsel op romerige pasta

Hoenderborsies met vulsel op romerige pasta

Die resep is genoeg vir agt eters en vra net vir ’n lekker vars slaai om die ryk romerigheid van die dis te balanseer.

Bestanddele

· 8 hoenderborsies met vel aan, oortollige vet afgesny

· 30 ml olyfolie

· 1 ui, gekap

· 1 selderystingel, gekap

· 50 g amandels, gekap

· 30 ml gekapte pietersielie

· 15 ml gekapte dragon

· 15 ml gekapte grasuie

· Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

· 350 g ricottakaas, gekrummel

Suurlemoenpasta

· 500 g fettucini of tagliatelle

· 2 houertjies room (500 ml)

· 2 suurlemoene, skil gerasper en sap uitgedruk

· Varsgemaalde swartpeper na smaak

· Gerasperde parmesaankaas

Metode

Verhit die oond tot 180 °C.

Maak met jou vingerpunte die vel liggies los van die hoenderborsie om ’n sakkie te vorm.

Verhit die olie en soteer die seldery en ui tot sag, voeg die neute by en roerbraai tot die neute goudbruin is.

Roer kruie by en geur na smaak met sout en peper. Laat dit afkoel. Meng ricottakaas by.

Versprei die vulsel onder die vel van die hoenderborsies en trek die vel weer oor die borsies. Plaas in ’n gesmeerde oondbak. Drup die olyfolie oor en geur na smaak met sout en peper.

Bak in die oond vir 40 tot 45 minute tot goudbruin en gaar.

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak in soutwater waarby die suurlemoensap gevoeg is.

Verhit intussen die room en suurlemoenskil en laat indamp met die helfte.

Geur na smaak en meng met gedreineerde pasta.

Skep die pasta in ’n groot, plat opdienbord, rangskik hoenderborsies bo-op, sprinkel parmesaankaas oor en gaan maak jou gaste bly! – Mandi Botha/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!