Hoenderinvoere bevorder nie Namibië se welstand
Rolspelers verduidelik hoekom plaaslike produksie belangrik is.
Elvira Hattingh - “As Namibië eerder goedkoop hoenderprodukte wil invoer, gaan daar naderhand nie werk óf geld wees om die goedkoopste produkte ter wêreld te koop nie.”
Só sê Namib Poultry Industries (NPI) se kommersiële bestuurder, mnr. Pieter van Niekerk, in reaksie op 'n invoerder van buitelandse hoenderprodukte, wat sê die plaaslike hoenderbedryf moet meer kompeterende pryse bied en goedkoop, ingevoerde hoender is dalk juis die oplossing vir armoediges.
Verskeie lesers het op sosiale media dieselfde mening gehuldig, naamlik dat plaaslike hoender glo te duur is en nie van dieselfde gehalte as ingevoerde hoender is nie, en dat hulle dus buitelandse hoender verkies.
Dít volg nadat Republikein verlede week berig het oor die bedreiging wat goedkoop invoere en die moontlike smokkelary van hoenderprodukte uit veral Brasilië vir die plaaslike hoenderbedryf inhou.
“Wat sal ander markte keer om hul pryse verder te verhoog sodra die SADC-streek nie meer produseer nie? Daar moet ook in ag geneem word markpryse sal oor die medium termyn dieselfde bly, want die lae pryse van ingevoerde hoender gaan nie na die verbruiker toe deurgevoer word nie,” sê Van Niekerk.
Hy is ook 'n lid van die Namibië Pluimveevereniging en sê 'n land skep slegs welstand deur invoere met sy eie produksie te vervang en dié produkte dan uit te voer.
“Namibië sal moet besluit hoe ernstig hy oor werkskepping en ekonomiese groei is. Ons sal beleidsekerheid moet kry en plaaslike produksie aanspoor, eerder as om, soos tans, invoere aan te spoor,” sê Van Niekerk.
TALLE SME'S ONTSTAAN
Van Niekerk ontken dat die kwantitatiewe kwotastelsel vir hoenderinvoere slegs tot Namib Poultry Industries (NPI) se voordeel, ten koste van werklik arm mense is, wat glo by die veel goedkoper, ingevoerde hoender kan baat.
“Die skema is nié opgestel om die NPI te bevorder nie, dit help enigiemand wat hoenders produseer. Die bewys lê daarin dat daar enkele jare gelede bykans geen hoendervleisboer-SME's bestaan het nie, terwyl ons tans van minstens 60 SME's weet wat maandeliks gesamentlik meer as 60 000 kuikens net by ons koop. Hulle maak die hoenders groot en verkoop hulle weer as vleis.
“Hierdie entrepreneurs sou nie sonder beskerming kon bestaan nie,” sê Van Niekerk.
Hy sê produsente en invoerders van hoenderprodukte stem saam die huidige stelsel bied nie voldoende beskerming sodat groot beleggers méér sal belê nie en dat dit plaaslike produksie nie voldoende bevorder nie.
“Dit bied aanmoediging om in te voer eerder as om te produseer,” het hy gesê.
Van Niekerk ontken bewerings dat plaaslike hoender substandaard is omdat te veel pekel ingespuit word.
“Namibiese hoendervleis word by baie strenger voedselgehalte-standaarde gehou as dít waaraan die buiteland met ingevoerde hoender moet voldoen.
Die invoerder het ook gesê die NPI moet in staat wees om met ander hoenderprodukte mee te ding.
“Namibië se produsente is reg om op 'n regverdige wyse, teen enige produsent mee te ding, solank ons almal op gelyke speelveld is,” sê Van Niekerk.
Hy sê die werklikheid is dat groot produserende uitvoerlande dikwels subsidies geniet en hoër pryse in hul eie mark kry, terwyl hulle teen onrealistiese pryse kan uitvoer.
INVOERE VS. PRODUKSIE
Namibië het die afgelope ses maande 11 232 ton hoender plaaslik geproduseer en 5 544 ton ingevoer.
Die Vleisraad se bedryfsbestuurder, mnr. Willem Schutz, het verduidelik die Namibiese hoenderbedryf geniet nie per definisie beskerming nie, omdat dit nog ontluikend is, maar die wet beperk invoere tot 1 500 ton per maand.
“Dit kan slegs deur geregistreerde maatskappye ingevoer word wat oor 'n kwota beskik. Die maatskappy moet ook 'n dieregesondheidstatussertifikaat van die direktoraat veeartsenydienste vir die uitvoerland kry. Dan eers reik die Vleisraad 'n invoerpermit uit.”
Oor bewerings dat die Vleisraad permitte nie altyd regverdig uitreik nie, het mnr. Paul Strydom, die Vleisraad se hoofbestuurder, gesê 'n komitee, wat uit invoerders, produsente, verteenwoordigers van die ministerie van finansies, die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, asook die ministerie van landbou, water en bosbou tweemaandeliks oor die land se totale invoerkwota vergader.
“Die kwota word dan deur die aansoekers verdeel. Tans is daar ongeveer 64 geregistreerde lede. Invoerders doen maandeliks aansoek en 'n kwota word volgens twee aspekte toegeken: 70% daarvan word deur die aansoeker se markaandeel oor die afgelope 12 maande bepaal, en 30% op grond van aankope by plaaslike produsente,” verduidelik Strydom.
Hy ontken dat groot rolspelers tot hul eie voordeel oor kwotas en permitte saamsnoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie