Hoendermiskrag kom gou
’n Beplande aanleg kan uitbrei en selfs meer elektrisiteit uit ander biologiese afval opwek.
Elvira Hattingh - Die miljoen kilogram hoendermis wat maandeliks by Namib Poultry Industries (NPI) se hoenderboerderye gelewer word, kan tot 1 Megawatt (MW) se hernubare elektrisiteit opwek.
Sou die NPI sonpanele installeer om ’n verdere 2 MW op te wek, kan die hoenderreus in tot 80% van sy eie behoefte aan elektrisiteit voorsien.
Mnr. Pieter van Niekerk, Namib Poultry Industries (NPI) se kommersiële bestuurder, sê hulle is tans besig om finansiering vir dié projek te reël en die lewensvatbaarheidstudie asook die loodsreaktor is reeds voltooi.
Hy sê tans verkoop die NPI hul hoendermis as ’n onverwerkte, rou mis van lae waarde.
Dit word in akkerbou aangewend, maar is alleen nie doeltreffend genoeg nie en moet dus met ander produkte gemeng word.
“Ons kry tans byna niks vir ons mis nie. Dit is ’n aanhoudende frustrasie om van hierdie biologiese byproduk ontslae te raak. Dit is dus ’n goeie voorbeeld van hoe ons ’n kwelpunt in ’n geleentheid kan verander,” het hy aan Die Boer gesê.
Hy sê dit sal N$140 miljoen kos om die nodige biogas-aanleg saam met sonpanele te bou.
Die bedrag sluit basiese infrastruktuur, elektriese integrasie, verteerders, opwekkers en sonpanele in.
Van Niekerk verduidelik om elektrisiteit op te wek, word die hoendermis in twee groot verteerders, of anaerobiese reaktors geplaas.
“Hier groei bakterieë wat metaangas vrylaat soos dit die biologiese materiaal verteer.
“Die metaangas word opgevang en gaan na ’n spesiale kragopwerker, wat dit verbrand om krag op te wek. ’n Hoë waarde kunsmis bly agter, wat weer vir akkerboudoeleindes verkoop kan word,” het hy verduidelik.
Van Niekerk sê hulle aanvanklike plan is om die elektrisiteit wat op dié manier opgewek word, eers vir hul eie doeleindes in te span.
“Wat dit uniek maak, is dat ons nie net bedags nie, maar ook snags in ons eie behoefte sal kan voorsien,” het hy gesê.
Hy sê dié tegnologie is al oraloor die wêreld suksesvol bewys.
“Selfs al sou hoendermis nie meer beskikbaar wees nie, kan ander biologiese materiaal dit net vervang. Ons kan selfs groter gaan en nog meer elektrisiteit opwek deur op groot skaal gebruik te maak van ander biologiese afval soos varkmis, beesmis, weggooikos, kos wat verval het en slagafval.
Van Niekerk sê sodra die finansiering van die projek afgehandel is, sal dit omtrent 20 maande neem om die aanleg te bou.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie