Hoenders vir Hardap
Nutsman boer vooruit
Catherine Sasman – “Ek wil braaihoenders en eiers vir die Hardapstreek produseer as deel van die land se poging om minder afhanklik van kosverskaffing van Suid-Afrika te wees”. Dit is die wens van mnr. Ernst Campell, ’n boer op die klein nedersetting van Omamas, ongeveer 20 km noord van Kalkrand.
“Omamas is redelik onbekend, selfs in ons eie land. Maar ek het ’n visie om hierdie plek bekend te maak as een wat ’n ordentlike hoenderproduksie het,” sê hy vol hoop.
Campbell het sy pluimveeboerdery ’n paar jaar gelede met 50 henne begin en besluit om weens die groot behoefte aan eiers in die omgewing, die besigheid uit te brei.
“Ek het begin eksperimenteer met voer en het later my eie broeimasjien gebou,” sê Campbell.
Die nutsman het die broeimasjien uit onderdele van ’n ou yskas geprakseer. Die vrugbaarheid van die eiers was egter aanvanklik baie wisselvallig, en hy het later meer henne en hane gevoeg om produksie te stabiliseer.
Die projek het begin uitbrei en in 2013 het hy die Rehoboth landelike kiesafdeling se ontwikkelingskomitee genader vir bystand om ’n groter hoenderhok te bou. Met dié hulp het hy’n moderne broeikas gekoop en die hoenderproduksie het begin floreer.
Tans, sê Campbell, kan die klein onderneming se henne tot 900 eiers per maand produseer. Hy beplan om later tot 20 000 eiers per maand te verkoop.
Campbell en sy regterhand in die ontluikende onderneming, mnr. Selestinus Hausiku, is tans besig met die uitbreidings van hoenderhokke en het verlede week 25 000 kuikens van Suid-Afrika ingevoer.
Campbell sê hierdie kuikens sal binne vier maande groot genoeg wees om as lêhoenders gebruik te word. Hy verwag hulle sal binne vyf maande begin eiers lê.
As ’n proeflopie het hy ook as begin om 100 braaihoenders te produseer. Vir dié doel het Campbell weer eksperimenteer deur sy eie voer met industriële voer te meng.
Campbell is besig om te diversifiseer met die produksie van varke omdat die voersiklus van die hoenderproduksie en dié vir varke goed by mekaar pas.
“Die ontwikkeling van die projek verloop soos ek dit wil hê,” sê Campbell trots.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie