Hoenderstorting: Kriteria sal hersien word
Die regering sê aanpassings kort om regverdige handelspraktyke en volhoubaarheid van die Namibiese pluimveesektor te verseker.
Elvira Hattingh
Die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling gaan kriteria vir die toestaan van invoerkwotas van hoenderprodukte hersien.
In 'n kennisgewing wat Vrydag in onder meer Republikein verskyn het, is die aangekondig gemaak en word invoerders versoek om opnuut sekere sakedokumente in te dien, terwyl plaaslike hoenderprodusente ook gevra word om by die ministerie te registreer.
Die ministerie sê dit beskou die aksie as gepas nadat dit op 1 Julie weer die bestuur van die pluimveeskema van die spesie Gallus domesticus van die Vleisraad van Namibië oorgeneem het. Die oorname is deur die ministerie se onderafdeling vir invoere of uitvoere en handelmaatreëls gedoen.
“Die ministerie ag dit as toepaslik om die huidige kriteria te hersien en alternatiewe opsies te oorweeg met die doel om nuwe kriteria te ontwikkel wat regverdige handelspraktyke, ondersteuning en die volhoubaarheid van die Namibiese pluimveesektor sal verseker,” lui die kennisgewing.
Die ministerie sê die regering het op 6 Mei 2013 'n kwantitatiewe beperking op die invoer van hoenderprodukte na Namibië ingestel wat op 15 Mei aangepas is. Dit ingevolge 'n kabinetsbesluit wat hieroor gemaak is.
Die maatreël is ingestel om die plaaslike bedryf 'n kans te gun om die plaaslike mark te penetreer.
Die nuus volg nadat plaaslike SME's onlangs berig het dat hulle ernstige skade ly weens die beweerde onwettige insmokkelary, asook die storting van buitelandse hoenderprodukte in Namibië.
VERLIESE
Volgens Day Old Chickens Namibia het 200 plaaslike SME's in Junie slegs 38 966 kuikens gekoop om as braaikuikens groot te maak, terwyl hulle voorheen gemiddeld 60 000 kuikens per maand gekoop het.
Mnr. Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by Namib Mills, sê buitelandse hoender maak sake ook baie moeilik vir Namib Poultry Industries (NPI), wat intussen van hul hoender teen verliese moes verkoop.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het 16 993 ton hoender in 2018 die Namibiese mark vanuit die buiteland betree.
Van Niekerk sê dié situasie het intussen verbeter nadat owerhede meer aktief betrokke geraak het in die bekamping hiervan, maar dat die bedryf steeds onder die gevolge van 'n oorversadigde mark steier.
Die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling reël voorts 'n openbare konsultasiesessie vir die Namibiese pluimveesektor vir 13 September waaruit belangrike beslissings mag spruit. Talle rolspelers in die bedryf is genooi om hiervoor voor te berei. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie