Hof belet Steinhoff, Pepkor om Tekkie Town te verkoop
Dit was die eerste keer sedert die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys in dat die maatskappy in die hof verskyn het om ’n saak te verdedig.
Nellie Brand-Jonker – Die hooggeregshof in Kaapstad het Vrydag ’n bevel uitgereik wat Steinhoff belet om in enige van sy filiale se aandele handel te dryf op ’n manier wat kan veroorsaak dat die voormalige eienaars van Tekkie Town nie hul onderneming kan terugkry indien hul eis teen die maatskappy slaag nie.
Die dringende tussentydse aansoek is op 9 April in die hooggeregshof gebring, onder meer om Steinhoff te belet om in Pepkor-aandele handel te dryf op enige manier wat daartoe kan lei dat hy beheer van dié maatskappy verloor, of wat daartoe kan lei dat die voormalige eienaars van Tekkie Town se eis teen hom nie tot uitvoering gebring kan word indien dit slaag nie.
Regter Nathan Erasmus het die uitspraak Vrydag gegee en dit is Maandag aan die partye uitgereik.
Die applikante is vyf maatskappye wat besit word deur onder andere Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town.
Die applikante het verlede jaar reeds ’n eis teen Steinhoff ingestel om Tekkie Town terug te kry, of om vergoed te word vir die verlies van sowat R1,8 miljard wat hulle gely het.
Die respondente sluit Steinhoff en Pepkor in.
Die saak is Donderdag aangehoor en dit was die eerste keer sedert die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys in Desember 2017 dat die maatskappy in die hof verskyn het om ’n saak te verdedig.
Steinhoff het in die hof aangevoer die bevel waarvoor die applikante vra, is “drasties en drakonies” en het gevra dat dit verwerp moet word.
“Indien die bevel toegestaan word, sal dit drastiese gevolge hê vir die maatskappy en kan dit ’n wesenlike verlies van poste beteken.”
Die aansoek is gebring ná die onlangse voltooiing van die forensiese ondersoek oor Steinhoff se boeke en die onthullings oor die ondersoek, sowel as die skielike verkoop van Steinhoff se belang in KAP Industrial.
Die applikante het aangevoer hulle vrees dieselfde gaan met Pepkor of met Tekkie Town gebeur.
“Die interdik word gebring om bates te bewaar,” het adv. Deon Irish SC namens die applikante gesê.
Hy het aangevoer Steinhoff verkoop sy Suid-Afrikaanse bates om sy Europese skuld te betaal.
“Kom ons noem dit nou maar wat dit is; wat gebeur in Europa is ’n private likwidasie van Steinhoff. Hulle verkoop bates en verkoop dit vir kontant. Die rede? Om
krediteure te betaal. Hulle verkoop die kroonjuwele om die krediteure stil te hou,” het hy gesê.
Steinhoff is ook beveel om “die beheer wat hy oor Pepkor, Pepkor Speciality en Tekkie Town het” so uit te voer:
1. Dat die aandeelhouding van Pepkor in Tekkie Town bewaar word en voorkom moet word dat dit vervreem of te beswaar word, gedeeltelik of heeltemal;
2. Dat Tekkie Town verhoed word om nuwe aandele uit te reik; en
3. Dat Pepkor Speciality ook verhoed word om enige bates van Tekkie Town te vervreem of te beswaar, anders as vir bedryfsdoeleindes.
Erasmus het verder opdrag gegee dat indien Pepkor beoog om die aandele wat in Tekkie Town gehou word te vervreem of te beswaar, of as Pepkor Speciality die onderneming wil vervreem, of beswaar die partye met wie hulle die transaksie wil doen, skriftelik verwittig moet word van die eis van die applikante teen Steinhoff.
Die regsverteenwoordigers van die applikante moet tien dae voor so transaksie 'n afskrif kry van die kennisgewing.
Steinhoff wou nie reageer op die bevel voor hy die redes daarvoor sien nie.
Pepkor het as volg gereageer: “Die tussentydse bevel het geen impak op die daaglikse bedrywighede van Pepkor nie. Dit het ook absoluut geen impak op die bedrywighede en winkels van die Tekkie Town-onderneming nie.”
Volgens Pepkor het hy nooit enige voorneme gehad om Tekkie Town te verkoop nie.
“Dit is steeds deel van ons groeistrategie met meer as 30 winkels wat in die boekjaar gaan open. Ons sal voortgaan om die onderneming te groei en besluite te neem wat in die beste belang van Pepkor is.
“Ons glo dat die regsproses wat kom ons belegging in die onderneming sal bevestig.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie