Hof beslis oor Egerer-testament
Jacqueline Louw
Die sentrale karakter in dié testamentêre regstwis is wyle Wolfgang Egerer, wat ’n bekende konstruksie- en toerisme-entrepreneur in Namibia was. Egerer is op 21 Januarie 2015 oorlede en in September dieselfde jaar het sy vrou, Lucia, en seun, Manfred Egerer, ’n aansoek by die hoërhof ingedien om die aanstelling van Executrust, Alwyn Petrus van Straten en Sarah Susan Elizabeth Stahl as trustees van die Egerer Family Trust nietig te verklaar.
Die aansoekers het die hof verder versoek om te gelas dat me. Lucia Egerer en Liezel Louwrens die enigste trustees van die trust behoort te wees en ook dat sekere klousules van die testament van Egerer en sekere spesiale skenkings daarin vervat, nietig en onafdwingbaar verklaar word.
Egerer het spesiale bemakings aan van sy werknemers in sy testament gemaak. ’n Spesiale voorwaarde is in sy testament gestel dat indien ’n sekere erfgenaam wat die bestuurder van ’n bepaalde hotel is, sy diens daar beëindig, die trustees behoort te oorweeg om die besigheid te likwideer en ’n persentasie van die bruto opbrengs aan die betrokke werknemer te skenk.
Die hof moes dus besluit wat die presiese bedoeling van Egerer was. In sy uitspraak het Ueitele gesê: “Die bedoeling van die testateur is die belangrikste aspek van die erfreg en dit loop soos ’n goue draad deur hierdie afdeling van die reg.”
Die onbetwiste feite in die saak was dat die trust al die roerende en onroerende bates van wyle Egerer geërf het. Hy het ook die duidelike wens uitgespreek dat sekere van sy getroue werknemers by sy testament moes baat.
Die aansoekers het in hul saak aangevoer dat indien die trustakte behoorlik vertolk word, wyle Egerer nie die mag gehad het om Executrust, Van Straten en Stahl as trustees aan te stel nie. Die hof moes verder ook beslis of sekere klousules van Egerer se testament onafdwingbaar, ongeldig en nietig is.
Senior advokaat Raymond Heathcote het namens die verdediging aangevoer dat dit nie vir die hof nodig is om die regsgevolge van die bemakings vas te stel nie, omdat Egerer ’n wettige modus by sy testament gevoeg het. ’n Modus is ’n kwalifikasie of verpligting waarvolgens die persoon wat deur ’n testament bevoordeel word, die eiendom wat hy ontvang, of die waarde daarvan, aan ’n spesifieke doel moet wy.
Ueitele het op 22 Julie beslis dat die aansoek van die hand gewys word en dat die koste van die aansoek deur die boedel betaal moes word. Senior advokaat Theo Frank het vir die applikante opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie