Hof beslis vandag oor gesin se lot
Die Namibiese owerhede weier tot op hede om burgerskap op grond van herkoms aan die drie kinders van die Delgado-Lühl-egpaar toe te staan.
Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku sal vandag sy uitspraak lewer in 'n grensverskuiwende hofsaak wat sal bepaal of die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit Namibiese burgerskap moet toestaan aan ’n tweejarige seun wat deur surrogaatskap gebore is.
Yona Delgado Lühl, wat in Maart 2021 via surrogaatskap gebore is aan die Namibiese burger, mnr. Phillip Lühl, en sy Mexikaanse man, mnr. Guillermo Delgado, word al sedert sy geboorte Namibiese burgerskap deur die plaaslike owerhede geweier.
Sy sussies, die tweeling Maya en Paula, is ook staatloos sedert hul geboorte in Maart vanjaar. Vandag se hofuitspraak sal hul kanse bepaal om burgerskap te kry.
Vir meer as twee maande is die babadogtertjies verbied om die land binne te kom deur die ministerie wat uiteindelik in Mei besgegee en eenmalige visums uitgereik het sodat hulle Namibië toe kon kom.
Die Namibiese owerhede weier tot dusver om burgerskap op grond van herkoms aan dié drie kinders toe te staan, ondanks geldige Suid-Afrikaanse geboortesertifikate en Suid-Afrikaanse hoërhofbevele wat Delgado en Lühl as hul enigste en wettige ouers identifiseer.
Me. Unomwinjo Katjipuka-Sibolile het gister gesê die saak handel in wese oor kinders wat in die buiteland aan Namibiese ouers gebore is, en stel drie belangrike vrae wat die hof sal moet beantwoord.
“As die Grondwet eng geïnterpreteer moet word, wat slegs voorsiening maak vir 'tradisionele gesinne' met 'n biologiese band met die Namibiese ouer, en sodoende aangenome kinders en kinders wat deur surrogaatskap of in vitro gebore is – selfs dié wat aan heteroseksuele paartjies gebore is – ontken, ontneem dit hulle van hul grondwetlike reg op burgerskap.”
SKEI OUER EN KIND
Nog ‘n vraag is of die Namibiese immigrasie-owerhede geldige Suid-Afrikaanse geboortedokumente van die hand kan wys en of die ministerie van binnelandse sake wettig ouerskap kan betwis, ondanks regsdokumente wat die eersgenoemde bewys.
In 'n beëdigde verklaring van Februarie 2020 wat deur die destydse minister van binnelandse sake, mnr. Frans Kapofi, by die hof ingedien is nadat Lühl 'n saak aanhangig gemaak het om die ministerie te verplig om sy seun se burgerskap op grond van herkoms te aanvaar, het hy die Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat as bewys van die seun se wettige ouerskap van die hand gewys.
“Ek ontken dat die applikant (Lühl) die vader van die betrokke kind is, aangesien ek nog onweerlegbare bewyse van hierdie bewering nodig het.”
Hy het Lühl ook nie as Yona se ouer erken nie.
Kinders in Namibië sal slegs burgerskap op grond van herkoms kry “as hy ten tyde van sy geboorte 'n kind van 'n Namibiese burger is”, het Kapofi aangevoer.
STAATSHOMOFOBIE
Regskenners in Namibië betwis die bogenoemde redenasie.
“Aangesien Namibië nie 'n wettige raamwerk vir surrogaatskap het nie, het heteroseksuele paartjies wat in Namibië woon ook na Suid-Afrika gegaan om reëlings in dié verband te tref – sonder enige probleme om hul kinders weer terug huis toe te bring,” het die Regshulpsentrum (LAC) in April vanjaar verduidelik.
Die LAC het opgemerk dat Namibiese burgerskap ook toegestaan is aan kinders wat deur kunsmatige inseminasie gebore is, selfs al is beide die eier en sperm geskenk.
Die LAC het verder daarop gewys Namibiese burgers in gevalle van aanneming, plaaslik of in die buiteland, hoef nie bewyse te lewer van 'n genetiese verband om burgerskap vir hul kinders te verkry nie.
Talle waarnemers het die ministerie van binnelandse sake se houding teenoor die Delgado-Lühl-gesin as homofobies beskryf.
“As Phillip en Guillermo ‘n heteroseksuele paartjie in plaas van ‘n selfdegeslag-paartjie was, sou niemand die tweeling se geboortesertifikate bevraagteken of vir ‘n DNS-toets gevra het nie,” het die LAC opgemerk.
BALLINGSKAP
Vandag se uitspraak kan die gesin se toekoms bepaal. Lühl het vroeër vanjaar opgemerk hul grootste vrees is om self in ballingskap te gaan omdat die regering weier om hulle as 'n wettige gesin te erken.
Die kern van die saak is die “idee van inherente waardigheid en die gelyke en onvervreembare regte van alle lede van die menslike familie”, redeneer Katjipuka-Sibolile in dokumente wat by die hof ingedien is.
Sy het ook ‘n dringende beroep op Masuku gedoen om die grondwetlike en menseregte van die kinders in ag te neem.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie