Hof hoor oor nota ná moord
'n Kollega van die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar voormalige kêrel ses jaar gelede doodgeskiet het, het Dinsdag in die hof getuig.
Jacqueline Louw
Met die aanvang van die verhoor van me. Anthea Arnold Dinsdag in die streekhof in Windhoek, het 'n voormalige kollega wat saam met haar by die Hotel Pension New Nouveau in Windhoek gewerk het, namens die staat getuig.
Me. Janey June Eyth het aan die hof vertel dat sy en Arnold vir ongeveer twee jaar saam by die Hotel Pension New Nouveau gewerk het. Sy het getuig dat sy die aand van 14 Mei 2011, toe mnr. Michael Breder, 'n ekskêrel van Arnold, doodgeskiet is, 'n oproep van Arnold ontvang het. Arnold wou Eyth se eksman se selfoonnommer hê.
Eyth het getuig dat sy die beskuldigde gevra het waarom sy die nommer wou hê en dat Arnold aan Eyth gesê het “sy is onseker is of sy Michael geskiet het, sy is nie seker nie”. Eyth het aan die hof vertel dat Arnold nie seker was of Breder lewend of dood was nie.
Eyth het aan die hof vertel haar eksman het aan haar bevestig dat hy wel met Arnold gepraat het en daarna saam met haar na die toneel van die skietvoorval gegaan het. Eyth het aangeneem dat Arnold haar eksman se nommer wou hê omdat hy 'n polisiebeampte was wat by die lykshuis gewerk het.
Onder kruisondervraging deur mnr. Mbanga Siyomunji, die beskuldigde se regsverteenwoordiger, kon Eyth geen kommentaar lewer oor of die oorledene die beskuldigde na sy huis genooi het vir 'n braai en wat daartydens gebeur het nie.
Mnr. Raymond Khoeseb, 'n speurder en ondersoekbeampte van die Namibiese polisiediens, het ook Dinsdag getuig. Volgens sy getuienis is hy op Sondagoggend 15 Mei 2011 na 'n perseel in Kelvinstraat in Windhoek ontbied. Die oorledene is agter die stuurwiel van 'n ou Mercedes Benz aangetref.
Khoeseb het verder getuig dat hulle die toneel van die skietery besoek het en 'n handgeskrewe nota op die tafel gevind het. Volgens Khoeseb was dit 'n nota waarin Arnold geskryf het dat die oorledene verantwoordelik was vir 'n mediese toestand waaraan sy ly.
Siyomunji het die hof meegedeel dat sy kliënt skuldig pleit. Die rede vir die lang tydperk wat verstryk het tussen die noodlottige skietvoorval en die begin van die verhoor is dat Arnold nie vir die verhoor op 9 Junie 2015 opgedaag het nie en haar borgtog teruggetrek is.
Arnold se regsverteenwoordiger het die hof meegedeel dat sy as gevolg van die emosionele trauma wat sy deurgemaak het na Zambië gevlug het. Sy is met haar terugkeer na Namibië weer in hegtenis geneem en is steeds in aanhouding.
Landdros Ileni Velikoshi het die verhoor tot 13 Julie uitgestel.
Siyomunji tree namens Arnold op en die staat word deur mnr. Erastus Hatutale verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie