Hof hoor oor Swapo se N$44 miljoen uit viskwotas
Jemima Beukes – Hofdokumente toon die opbrengs van N$44 miljoen uit ‘n viskwota van 18 000 ton aan Swapo, is deur die bankrekenings van Sisa Namandje en De Klerk, Horn & Coetzee (DHC) Inc. na begunstigdes gekanaliseer.
Die inligting volg nadat die party vroeër vanjaar tydens ‘n groot nuuskonferensie ten sterkste bewerings dat die party by die Fishrot-skandaal baat gevind het, ontken het.
Selfs die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se direkteur, mnr. Paulus Noa, is op rekord dat hy gesê het geen bewyse is gevind wat beweringe steun dat Swapo by hierdie skema gebaat het nie.
Volgens die voormalige uitvoerende hoof van Fiscor, mnr. Mike Nghipunya, is N$5 miljoen in Augustus 2017 na Sisa Namandje se prokureursfirma oorbetaal. Die res is daarna aan De Klerk, Horn & Coetzee (DHC) Inc. betaal.
Nghipunya het gister op dag 2 van die Fishrot-beskuldigdes se borgtogaansoek in die hoërhof verduidelik die regeringsdoelwitte het in 2013 beslag gekry en is deur Fishcor as die staat se kommersiële vismaatskappy toegeken.
Swapo se kwota is geklassifiseer as derdeparty-begunstigde-toekenning wat volgens Nghipunya nie deur Fishcor hanteer is nie en die opbrengs is direk aan die party betaal.
Dit is die eerste keer dat dit aan die lig kom dat die regerende party 'n begunstigde was onder die regeringsdoelwitte waarvolgens kwotas toegeken is vir sosio-ekonomiese aktiwiteite om Namibiërs op te hef.
Swapo se kwota was meer as dié van die ministerie van armoede-uitwissing, wat slegs 10 000 ton ontvang het om vir hul armoedeverligtingsprogramme te gebruik.
Gedurende hierdie tyd het die die ministerie vir veteranesake slegs ‘n 2 000 ton maasbankerkwota ontvang, terwyl die Namibia Fish Consumption Promotion Trust wat deur die kabinet gestig is om vis vir minderbevoorregte Namibiërs maklik toeganklik te maak, 13 000 ton ontvang het.
Volgens Nghipunya is die opbrengs van Swapo se toegekende kwota direk aan die party betaal en is dit gebruik vir die party se 2019 presidensiële veldtog.
Hy het beklemtoon dat hy as uitvoerende hoof van Fishcor geen mag gehad het om te bepaal wie die derdeparty-begunstigdes van regeringsdoelwitte was nie.
Volgens hom is beide die derdeparty-begunstigdes en Fishcor as begunstigde se kwotas in die tyd van Bernhard Esau deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne bepaal. “Ek wil net sê, ons is nie verantwoordelik vir hoe die begunstigdes hul opbrengs aanwend nie. Ons het hierdie kwotas in 2018 ontvang en aan ouditeure verduidelik dat dit direk aan die begunstigdes betaal sal word.
“Ons het opdrag van die minister van visserye (Bernard Esau) ontvang dat ons dit as sodanig moet implementeer en ter wille van sensitiwiteit moet ons dit regeringsdoelwitte noem,” het hy aan die hof gesê.
Volgens Nghipunya kan Fishcor nie verantwoording doen vir die opbrengs uit toegekende kwotas aan derdeparty-begunstigdes wie se kwotas ingevolge gebruiksooreenkomste benut is nie.
“Daar word nie geld vermis nie. Net omdat die geld nie op Fishcor se boeke is nie, beteken dit nie die geld word vermis nie,” het hy gesê.
- [email protected]
FOTO
Mnr. Mike Nghipunya, voormalige uitvoerende hoof van Fishcor. Foto Jemima Beukes

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie