Hof knip Baster-kaptein se vlerke
Regter Parker sê die Baster Gemeente en sy kaptein het geen grond om weg te gee nie.
Catherine Sasman - Die hoërhof het beslis dat die Baster-kaptein, John McNab, en die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) geen reg het om erwe in die dorp op te meet, af te skort of toe te ken nie.
McNab en die RBG is ook deur die hof belet om voortaan enige erwe uit te deel. Dit sluit erwe in Blok G van die dorp in.
Regter Collins Parker het gister (9 Maart) in sy uitspraak gesê die Rehoboth-munisipaliteit het ‘n duidelike reg op grond binne die dorpsgrense bewys.
Dié saak spruit uit grondbesettings en ‘n dringende aansoek om ‘n interdik in April 2014 deur die munisipaliteit om McNab, mnr. Jan van Wyk, sowel as die RBG te keer om erwe toe te ken.
Die munisipaliteit het ook gevra dat die hof enige toekennings van grond wat McNab en die RBG toe reeds gemaak het, as nietig moet verklaar.
McNab en die RBG se verweer was dat hulle die reg op grond op Rehoboth het ingevolge die Vaderlike Wette van 1872 wat bepaal dat die burgers van die voormalige Rehoboth Gebiet die reg tot grond en selfbeskikking het.
Parker het in sy uitspraak het sterk staatgemaak op die 1996 hooggeregshof-uitspraak wat bepaal het dat Rehoboth se selfbestuur tot ‘n einde gekom het in 1989 toe die gebied aan die Suid-Afrikaanse administrateur-generaal oorhandig is ter voorbereiding van Namibië se onafhanklikwording in 1990.
Ná Onafhanklikwording is die gebied onder die administrasie van die Namibiese staat geplaas.
“Daar is geen grond wat die tweede respondent (McNab) mag toeken aan ander persone omdat hy die ‘kaptein’ van die gemeenskap is nie,” het Parker gesê.
Parker het beklemtoon dat Blok G wél binne die grense van die dorp en die administrasie van die munisipaliteit val. McNab en die RBG het gestry dat Blok G buite die grense van die dorpsgronde val.
Mnr. Thabang Phatela het die munisipaliteit verteenwoordig en mnr. Louis Botes het vir McNab en die RBG opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie