Hof moet besluit oor Zuma se regskoste
Oud-Pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika sal eersdaags hoor of hy die astronomiese regskoste, wat Suid-Afrikaanse belastingbetalers die afgelope jare vir sy regskostes moes betaal, sal moet terugbetaal.
Pres. Cyril Ramaphosa gaan nie die DA se hofaansoek teenstaan waarin die DA vra dat ’n ooreenkoms dat die staat oudpres. Jacob Zuma se regskoste in ’n strafregtelike saak betaal, tersyde gestel moet word.
Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê die presidensie het Maandag hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hy sê die presidensie sal berus by die hof se bevinding.
“Die presidensie het aangedui dat hy ook van plan is om ’n verklarende beëdigde verklaring in te dien om die hof te help om die geskiedenis, regsgronde, rasionaal en prosesse in verband met die verskaffing van regsteun te verstaan,” het Diko Maandag in ’n kort verklaring gesê.
Die DA vra die hof om te beveel dat Zuma die sowat R15,3 miljoen moet terugbetaal wat die staat die afgelope dekade bestee het aan sy hofaansoeke om die herinstelling van strafregtelike klagte teen hom in die sogenaamde spioenasiebande-sage te keer.
James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, het die presidensie se aankondiging Maandag “as die regte ding” verwelkom.
“Dit sal nog beter wees as die presidensie hom daartoe verbind om nie Zuma se regskoste te betaal nie.
“Nou is dit net Zuma wat die DA-aansoek teenstaan,” het Selfe gesê.
“Ons beskou die presidensie se verklaring as ’n poging om nie self ’n besluit hieroor te neem nie, met die hoop dat die hof dit sal doen.”
Selfe het gesê Zuma moet intussen voorleggings in nog ’n hersieningsaansoek teen die herinstel van die klagtes teen hom indien, maar het aangedui dat hy dit eers sal doen as hy duidelikheid het of die staat steeds voortaan sy regskostes sal betaal.
Die hooggeregshof in Durban het op 6 April die saak teen Zuma tot 8 Junie uitgestel.
Zuma en Thales South Africa staan tereg op 16 korrupsieverwante aanklagte nadat adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolgings, vroeër vanjaar die aanklagte teen Zuma heringestel het nadat dit in 2009 teruggetrek is.
Die aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en afpersing, waarby 783 individuele transaksies betrokke is, spruit uit Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie van multimiljardrand in die laat 1990’s.
Zuma word met hierdie transaksies verbind deur Schabir Shaik, sy voormalige finansiële adviseur, wat destyds skuldig bevind en 15 jaar tronkstraf opgelê is op soortgelyke aanklagte. Shaik is egter kort daarna op mediese parool vrygelaat.
Selfe sê die staat is nie verantwoordelik vir Zuma se regskostes nie omdat die beweerde misdade destyds nie in sy hoedanigheid as ’n LUR óf as president of adjunkpresident van Suid-Afrika gepleeg is nie.
Hy hoop die regsproses teen Zuma kan nou finaal sonder enige verdere vertragings voortgaan.
“Staatskoffers moet nie droog gebloei word om die regskostes van een man se optrede te dek en die verbintenis deur die presidensie is ’n oorwinning vir demokrasie en aanspreeklikheid,” het Selfe gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie