Hof su00ea in Augustus oor McLean-saak
Hof su00ea in Augustus oor McLean-saak

Hof sê in Augustus oor McLean-saak

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - ’n Uitspraak in die hofstryd tussen die Michelle McLean-kindertrust (MMCT) se trustees en sy voormalige direkteur is gister vir ‘n tweede keer vanjaar uitgestel.

Waarnemende regter Claudia Claasen het Vrydagoggend in die Windhoekse hoërhof gesê die uitspraak word tot 9 Augustus uitgestel.

Dit beten die betrokkenes sal nog vier maande langer moet wag voor die hof uitsluitsel sal gee in die saak wat reeds vyf jaar lank voortsleep.

Dit volg ná uitspraak in Januarie vanjaar reeds tot die afgelope Vrydag uitgestel is.

Die beëindiging van mnr. Danie Botes, die voormalige geldinsamelaar en direkteur van die MMCT, se dienste in September 2013, het daartoe gelei dat hy die trustees vir verlies aan inkomste, asook die betaling van pensioenfondsbydraes gedagvaar het.

Botes se aanvanklike eis teen die trustees het meer as N$19 miljoen beloop.

Hierdie eis is in Maart 2016 aangepas tot ’n totaal van nagenoeg N$14 miljoen, wat insluit skadevergoeding van ongeveer N$10 miljoen, pensioenfondsbydraes van N$2 miljoen en ’n verdere N$2 miljoen van drie trustees in hul persoonlike hoedanighede.

Die basis van dié dispuut tussen die partye is die berekening van Botes se kommissie, wat volgens hom onderhandel is op die bruto inkomste van die trust.

Dit is egter die trustees se saak dat sy kommissie op die netto inkomste van die trust bereken moet word.

Die trustees voer op hulle beurt aan dat Botes homself ten bedrae van N$6,7 miljoen wederregtelik verryk het deur geld wat hom nie toegekom het nie aan die trust te onttrek.

’n Verdere N$1 miljoen word geëis vir ’n mislukte transaksie waarin ’n versekeringsmaatskappy, Lawsure, gekoop is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!