Hof sê later oor Zim se president
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe se plan om gister as die tweede president van onafhanklike Zimbabwe ingehuldig te word, is in dié land se hoogste hof beduiwel ’n dag nadat die opposisie-MDC én die Amerikaanse regering gesê het Mnangagwa het sy sege aan bedrog te danke.
Nelson Chamisa, leier van die MDC, se hersieningsaansoek oor die verkiesingsuitslag van 30 Julie bring die land se regbank voor sy grootste toets sedert oudpres. Robert Mugabe op 14 November 2017 in ’n staatsgreep gelei deur Mnangagwa uit sy pos verwyder is.
Chamisa het 44,3% van die presidensiële stemme gekry teenoor Mnangagwa se 50,8%. Maar die MDC beweer in sy hofstukke, waarvan AP ’n afskrif gesien het, dat daar grootskeepse bedrog en onreëlmatighede was.
In een aanduiding van die verkiesingskommissie se partydigheid het die Zimbabwiese verkiesingskommissie (ZEC) se voorsitter onder meer ’n serp gedra net soos Mnangagwa s’n tydens sy veldtog vir Zanu-PF.
MDC-agente het ook glo nie kans gekry om verkiesingsuitslae op plaaslike vlak te bekragtig voor dit aangekondig is nie, en die “ganse proses van samevoeging, verifiëring en tellery van die presidensiële stembriewe is onder ’n wolk van geheimhouding gedoen,” luidens die party se hofstukke.
Die MDC sê volgens sy eie telling het Chamisa meer as 600 000 méér stemme as Mnangagwa gekry, voordat die kieskommissie die uitslae “beknoei” het. Die kommissie weier die MDC glo toegang tot sy rekenaarstelsel.
Dr. Alex Magaisa, ’n Zimbabwiese lektor in regte in Brittanje, wat ’n medeskrywer van Zimbabwe se nuwe grondwet was, sê die grondwet bepaal dat ’n petisie kragtens art. 93 van die grondwet wat binne sewe dae ná die bekendmaking van uitslae ingedien word, verhoed dat die president ingehuldig word tot die dispuut besleg is.
Die hof het nou 14 dae om uitspraak te lewer. Die hof kan selfs ’n nuwe president aanwys, sou die gronde vir die petisie aanvaar word.
Luidens Magaisa se ontleding op sy webblad oor Zimbabwiese regskwessies, bigsr.co.uk, rus die bewyslas op Chamisa om bedrog te bewys. - Netwerk24/BBC/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie