Hof sê Moussongela se kinders moet bly
'n Hof in Londen het beslis die kinders van die vermeende sekspes, pastoor Pedro Moussongela, mag nie na Namibië terugkeer nie weens kommer oor hul welstand.
Catherine Sasman
Regter Rachel Karp van die Londense voorstad Haringey het die aansoek van 'n Namibiër van die hand gewys waarin sy gevra het haar dogter, wat saam met twee van haar halfsusters in Brittanje woon, moet toegelaat word om na Namibië terug te keer.
Hul pa is die Mennonitiese pastoor, Pedro Moussongela, wat van vermeende seksoortredings verdink word. Die drie susters het drie verskillende ma's.
Hy is verlede jaar tot nege jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan bedrog, vervalsing en uitgifte skuldig bevind is. Hy staan ook tereg op klagte van verkragting, vrugafdrywing en ontvoering.
Die Londense hof het bevind die kinders moet in Brittanje in die sorg van hul pleegouer bly en mag nie na hul moeders in Namibië terugkeer nie.
Die uitspraak is reeds op 11 Januarie vanjaar gelewer, maar die transkripsie daarvan is eers Dinsdag beskikbaar gestel.
Karp het die bevel gemaak ondanks 'n versoek van Namibiese owerhede dat die uitspraak uitgestel word hangende 'n vergadering tussen vier verskillende Namibiese instellings.
Die vergadering sou onder meer besluit of die Namibiese owerhede die aansoek sou teenstaan en of hulle geld beskikbaar sou stel vir die ander twee moeders om die hofverrigtinge in Londen by te woon.
Die ma wat die aansoek by die hof ingedien het, het haar voorlegging deur middel van 'n videoskakel aan die hof gemaak. Die meisies is deur hul Britse pleegouer verteenwoordig.
Karp sê die getuienis is dat die meisies, wat nou tussen 13 en 14 jaar oud is, “gewoonte-inwoners” in Brittanje is ofskoon hulle Namibiese burgerskap het en hul ouers hier woon.
Die kinders gaan ook in Londen skool.
“(Hierdie) is 'n saak met 'n baie ontstellende en kommerwekkende agtergrond. Die rede waarom die meisies hulle in Brittanje bevind, het niks te doen met die optrede of die wens van enige van die moeders nie. Dit is die gevolg van die gedrag en die optrede van hul vader,” het die regter gesê en bygevoeg die welstand van die kinders is haar groot kommer.
Die ma van een van die meisies, wat nou 13 jaar oud is, het gevra sy moet na Namibië terugkeer. Ofskoon die Namibiese maatskaplike dienste bevind het die moeder is in staat om na haar om te sien, sal sy moontlik nie in al haar fisieke, emosionele en opvoedingsbehoeftes kan voorsien nie.
Die regter het gesê sy het elke meisie se behoeftes, wense en gevoelens in die lig van hul ouderdom en begrip van die omstandighede in ag geneem.
“Hulle sterk wens en gevoelens is 'n baie belangrike faktor vir die hof, veral as die buitengewoon moeilike omstandighede waaronder hulle in Namibië geleef het en die misbruik waaraan hulle onderwerp is, in ag geneem word. Hul ma's het nie 'n aandeel daarin gehad nie.”
Sy sê dit is verstaanbaar dat die meisies “nie glo dat hul moeders in staat sal wees om in veiligheid na hulle om te sien nie, gegewe die agtergrond en die persoonlike geskiedenis wat hulle het”.
Karp sê verder die verhouding tussen die meisies en hul moeders is baie sleg, ondanks pogings om kontak telefonies te behou.
Volgens die uitspraak sal die plaaslike owerheid van Heringey in beheer wees van ouerlike verantwoordelikhede en hulle sal in die sorg van hul pleegouer bly terwyl hulle toegelaat word om kontak met hul half-sibbe te hê.
AGTERGROND
Die plaaslike owerheid het in Oktober 2015 vir die eerste keer van die meisies bewus geword toe hulle dwalend saam met 'n vier jaar oue kleuter in die strate van Londen opgemerk is. Hulle het 'n nota by hulle gehad waarop gestaan het: “Help hierdie kinders om hul suster te vind”.
Die drie meisies is later saam in langtermyn pleegsorg geplaas. Dit is nie bekend waar die kleuter haar bevind nie.
Een van die ma's dagvaar Moussongela vir die ontvoering van haar dogter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie