Hof spreek Jankowski vry
Hof spreek Jankowski vry

Hof spreek Jankowski vry

Denver Kisting
Denver Kisting



Mnr. Theo Jankowski, die voormalige uitvoerende hoof van die Rehoboth-­dorpsraad, het 'n jare lange regstryd gewen.

Regter Alfred Siboleka het verlede week in die hoërhof in Windhoek 'n vroeëre skuldigbevinding teen Jankowski ter syde gestel.

Siboleka se bevinding is onder­skryf deur sy kollega, regter Naomi Shivute.

Dít kom nadat die rekord van die Rehoboth-streekshof waar Jankowski aanvanklik op aanklag van korrupsie tereggestaan het, nêrens te vinde was nie.

Gevolglik kon die hoërhof geen mening uitspreek oor die verrigtinge in die streekshof nie.

Jankowski is vroeër in dié hof skuldig bevind ingevolge 'n openbaarmakingsvereiste van die ­tenderraadbepalings.

Hy het teen dié skuldbevinding geappelleer.

Die appèl is op 20 April vanjaar gehoor.

Met die aanvang van sy verhoor in die streekshof op Rehoboth het Jankowski onskuldig gepleit.

Die klag teen hom het gespruit uit 'n tenderraadsvergadering tydens Februarie 2013.

Destydse streekslanddros Dinah Usiku het in Maart 2015 bevind Jankowski moes die tenderraad meegedeel het sy seun is getroud met die eienaar van 'n ­maatskappy aan wie 'n tender toegeken is.

Jankowski het op sy beurt volgehou hy was nie van mening “die skakel was van só 'n aard dat hy dit tydens die tenderraadvergadering moes openbaar maak nie”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!