Hof toe - nié na die loopgrawe
LESLIE CHRISTIANS SKRYF:
Ek rig hierdie brief aan voormalige SWATF-lede oor bogenoemde kwessie en dit is 'n opvolg op 'n vorige brief wat ek in die Republikein geplaas het.
Na verskeie debatte met regsgeleerde vriende is ek oortuig dat ons as SWATF-lede 'n saak in die hof het om veteraanstatus te kry van ons regering, maar natuurlik moet ons dit kan bewys in die hof.
Voordat ek verder gaan, wil ek dit baie duidelik stel, maar met respek, dat hierdie skrywe en vergaderings uitsluitlik vir SWATF-lede is en nie Koevoet en VHD-lede. Genoemde lede sal nie in ons vergaderings toegelaat word nie.
Ons SWATF-lede gaan hof toe sodat ons aan die hof kan bewys dat ons met voorbedagte rade weermag toe gegaan het. Dit is egter 'n feit dat ons finansieël op mekaar moet staatmaak. Hofsake en advokate kos geld.
Ons eerste vergadering gaan wees in Windhoek in die gemeenskapsaal in Khomasdal op die 27ste Oktober 2017 om 15:00. Die volgende dorp sal Rehoboth wees en daarna beweeg ons suidwaarts – Kalkrand, Mariental, Keetmanshoop, Karasburg en Lüderitz. Die volgende is die ooste, daarna die weste en laastens die noorde. Datums, tye en plekke sal in die media bekend gemaak word.
Ek wil dit asseblief baie duidelik stel dat ek nie daarop uit is om mense finansieël uit te buit, soos deur vorige groepe gedoen is en niks het gebeur nie. Wat wel 'n feit is, is dat advokate baie geld vra. Ons sal moet iets uithaal vir kostes en regspanne.
Wat is 'n N$50,00 of 'n N$100,00 vir veteraanstatus? As ons die saak wen, is dit N$200 000 plus 'n lewenslange pensioen van N$2 000,00 per maand, plus medies.
Kyk so daarna: ons het goeie argumente. Hulle sal na ons moet luister.
Namibië se regstelsel is baie onafhanklik van enige politieke inmenging. Kom ons probeer, daar is goeie hoop.
Ek sê weer, ons SWATF-lede was deur die destydse Suid-Afrikaanse regering met 'n wet gedwing om weermag toe te gaan. Ons wou nie gaan, ons wou studeer. Ander was in werke, sommiges het gesinne gehad, maar as jy die oproepinstruksies ignoreer, moes jy vir twee jaar tronk toe gaan.
Vlug jy uit die land om vir Swapo te gaan help, word jy in gate gestop en doodgemaak, soos baie van my skoolvriende wat tot hede weg is. Daar is nie eens 'n been van 'n vinger om te begrawe nie. Berusting sal daar nooit wees nie.
Sê net vir my, en dit sal ons hoof argument in die hof wees: Het ons 'n keuse gehad? Verduidelik vir ons.
Dit sal nie help ons gaan na 'n buitelandse hof nie. Namibië is 'n soewereine staat, ander lande kan nie vir hom besluit nie.
Ons vat die regering in 'n Namibiese hof aan en ons wil hê die Veteranewet moet gewysig word om vir ons veteraanstatus te voorsien.
Jabulani dreig die regering met geweld. Ek stel dit vandag baie duidelik - dit wat hy sê en doen is nie die plan en denke van die SWATF-lede nie.
So, SWATF-lede, woon die vergaderings by, bring jou magsnommer, sente en ID saam sodat ons kan begin. Vir navrae skakel 081 225 7500. Sien jou daar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie