Hof toe oor voorskrifte
Medikasie met kodeïen en sekere middels wat wissel van ‘n bloedverdunner tot anti-inflammatoriese pleisters, is nou net op voorskrif beskikbaar.
Henriette Lamprecht - “Om van gewone mense in Namibië te verwag om afhanklik van ‘n doktersvoorskrif vir basiese medisyne te wees, is gelykstaande daaraan om die meerderheid mense in Namibië toegang tot sulke medisyne te weerhou.”
Die Aptekersvereniging van Namibië (PSN) het in die lig hiervan ‘n aansoek in die hoërhof gebring om ‘n besluit ter syde te stel om die klassifikasie van kodeïen van ‘n skedule 1-medikasie na skedule 2 te verander. Medikasie met kodeïen vereis as gevolg hiervan nou ‘n voorskrif.
Ook moet die besluit om die klassifikasie en toelaatbare dosisse van sekere ander medisyne en middele te verander en wat onder meer insluit entstowwe, vitamiene A, B, C, D en K, water vir inspuitings, asook inspuitings tensy gelys op ‘n ander skedule, ter syde gestel word. Van die ander medikasie wat hieronder val, sluit ‘n anti-inflammatoriese middel wat in sportrome- en pleisters gebruik word, ‘n bloedverdunner wat die vorming van bloedklonte voorkom, ‘n middel wat slym by veral asmatiese pasiënte losmaak en ‘n antiseptiese salf in.
Dié besluite is deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) op aanbeveling van die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) gedoen wat beide die respondente in die saak is.
Die PSN sê voorsitter, mnr. Benjamin Khumalo, sê in sy verklaring die voorstelle deur die NMRC en die gevolglike besluite deur MoHSS is geneem sonder dat die vereniging en sy lede redelike geleentheid gegun is om gehoor te word en voorleggings in die verband te doen.
Volgens Khumalo is die voorstelle en besluite sonder enige of voldoende oorweging van die belange van lede van die Namibiese publiek en omstandighede uniek tot die Namibiese aptekersbedryf gemaak.
“Die voorstelle en besluite is gemaak deur slaafs buitelandse oorwegings, kommer of beleidsrigtings te volg. Dit is ook nie tot publieke voordeel of geregverdig in die Namibiese omgewing nie,” lui Khumalo se verklaring.
Voor 31 Oktober 2018 was kodeïen in beperkte dosisse ‘n skedule 1-medikasie.
Die PSN se besware teen MoHSS se besluit is met die NMRC se registrateur, mnr. Johannes Gaeseb, bespreek, maar is verwerp. Die redes was glo ‘n “’n blote herhaling van redes wat deur sekere Eerste Wêreld-beheerliggame aangestuur is” en nie die gevolg van enige studie of ander navorsing wat vir Namibië gedoen is en wat die spesifieke vereistes en ervaring van die Namibiese aptekers- en mediese bedrywe in ag neem nie.
Die totaal van 26 lande waar kodeïen se skeduleklas verander is, is ook byna ekslusief Eerste Wêreld-lande met gesofistikeerde nasionale mediese sorgstelsels waar byna die hele bevolking toegang tot hierdie stelsels het.
Khumalo het beklemtoon volgens sy kennis is geen betroubare statistiese data in Namibië oor die misbruik van kodeïen of kodeïenverwante middels beskikbaar nie. Geen bewyse van werklike verslawing en misbruik van kodeïen is ook in die land beskikbaar nie.
“As daar ‘n genadelose apteker is wat daarop uit is om die verslawende gewoontes van sekere lede van die publiek te voer, gaan die herskedulering van kodeïen nie waarborg dat so ‘n apteker nie aan alles en almal kodeïen verskaf nie.”
Geen empiriese studies of navorsing is ook deur die NMRC gedoen nie wat bloot “tweedehandse inligting” uit ander lande versamel het. Die feit dat kodeïen in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se modellys van noodsaaklike medisyne verskyn, is ook nie oorweeg nie.
Dit is ook ‘n integrale deel van die Namibiese riglyne vir Standaardbehandelings wat die standaardverwysing voorgeskryf vir alle praktisyns in die gesondheidsektor in Namibië is. Laasgenoemde word aangedui as die amptelike behandeling vir pyn.
Om dus die modelle van Eerste Wêreld-lande met verwysing na noodsaaklike medikasie te volg, kan nie eenvoudig net op Namibië toegepas word nie omdat dit tot “swaarkry en onreg” tot die mense van die land sal lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie