Hof verwerp nié voorlopige waardasierol
Die grondwaardasiehof het die redes bekend gemaak vir die besluit om voort te gaan met verrigtinge ondanks besware deur grondeienaars.
Jacqueline Louw - Landdros Johannes Shuuveni het gister namens die grondwaardasiehof-paneel redes bekend gemaak vir die besluit om met die hofverrigtinge voort te gaan ondanks besware deur regsverteenwoordigers van grondeienaars dat daar nie ’n korrekte maatstaf vir die evaluering van landbougrond is nie.
Dié besware spruit voort uit die waardasiehof se uitspraak op 10 Oktober dat die waardeerder klaaglik daarin misluk het om te bewys sy grondwaardasies is op akkurate feite gegrond en dat grondeienaars se besware van vooraf aangehoor sal moet word.
In dié uitspraak het Shuuveni gesê die huidige iso-kaart en –waardes wat in die voorlopige waardasierol vir 2012 gebruik is, is onbetroubaar. Dit maak dit vir die hof moeilik om dit in sy huidige vorm te bekragtig.
Shuuveni het grondeienaars se besware in die Oktober-uitspraak gehandhaaf, maar geweier om die waardes van plase te verminder sonder dat die betrokke partye getuienis in verband daarmee lei.
In sy redes sê hy regsverteenwoordigers namens beswaarmakers “het die uitspraak en bevindinge daarin verkeerd verstaan”. Shuuveni het verder gesê hoewel die 10 Oktober-uitspraak tot die gevolgtrekking kom dat die huidige iso-kaart en -waardes wat in die voorlopige waardasierol vir 2012 gebruik is, onbetroubaar is en problematies is om in die huidige vorm te bekragtig, die hof dit nietemin nie kan verwerp nie.
“Al wat die hof sê, is dat die voorlopige waardasierol nie sonder kritiek is nie, en as gevolg daarvan is die hof nie in staat om die waardes soos dit in die voorlopige waardasierol verskyn te aanvaar nie. Nadat die hof die besware gehandhaaf het, is die volgende stap om die waarde te verminder omdat ons bevind het die waardes wat in die voorlopige waardasierol verskyn, is nie billik nie”, het sy uitspraak gelui.
In verband met die voortsetting van die verrigtinge het Shuveeni se redes gelui: “As gevolg van die gebrek aan vordering (van die partye om deur ooreenkoms ’n oplossing te bereik) en die houding deur die waardeerders ingeneem met betrekking tot ’n onderhandelde oplossing, het beswaarmakers nog steeds geen alternatief as om die roete van die waardasiehof te volg nie.”
Regsverteenwoordigers namens beswaarmakers het Maandag betoog dat die hof nie van grondeienaars kan verwag om voort gaan om getuienis te lewer vir die vermindering van grondwaardes volgens ’n maatstaf wat nie aanvaar kan word nie.
Shuveeni het genoem dat hy dit “onrusbarend” vind dat mnr. Pieter de Beer namens ’n groep beswaarmakers aangekondig het dat hy nie aan onreëlmatige verrigtinge gaan deelneem nie. De Beer het gister weer eens dié standpunt bevestig.
Shuuveni het die saak op versoek van die partye se onderskeie regsverteenwoordigers tot 14 November uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie