Hof wys stakers weg (vir eers)
Hof wys stakers weg (vir eers)

Hof wys stakers weg (vir eers)

Dani Booysen
Augetto Graig

Die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) het gister ‘n bloutjie in die hof geloop met ‘n dringende aansoek om Shoprite te dwing om ekstra werkers vir die feesseisoen uit hul winkels te onttrek.

‘n Landwye staking oor vergoeding het gister by die winkels begin.

Regter Nate Ndauendapo het die saak van die rol geskrap omdat die hof bevind het dat Nafau nie genoegsame bewyse voorsien het dat algemene sekretaris Jacob Penda namens die werkers optree nie.

Me. Uno Katjipuka-Sibolile het Nafau verteenwoordig. Haar reaksie was dat die werkgewer tegniese punte ingespan het om hul verantwoordelikheid te pypkan om nie deelnemers aan ‘n wettige staking te beskerm nie.

In die hof is aangevoer Shoprite het eers op 14 Desember 2020 aangekondig hy neem seisoenswerkers in. Volgens die maatskappy is dit egter ’n jaarlikse praktyk tussen November en Januarie.

Die vakbond en werkgewer het op 7 Desember op die reëls vir die staking ooreengekom. Volgens Katjipuka-Sibolile het 2 090 uit 3 569 werkers vir ‘n staking gestem.

Die vakbond eis ‘n verhoging van minstens 33% in die lone van werkers wat volgens hulle duidelik uitgebuit word. Nafau eis ‘n maandelikse salaris van minstens N$2 500 asook vervoertoelae. Werkers eis ook dat hul na 12 maande permanent in diens geneem moet word.

Volgens Katjipuka-Sibolile is 320 tydelike werkers ingeneem. Sy het aangevoer arbeidsverhuringsondernemings word ingespan.

Sy het gesê die volgende stap is om Nafau se saak behoorlik te staaf en dan weer die hof te nader.

Volgens Penda sal die staking voortgaan. “Die besluit is deur die hof geneem en dit beteken ons moet teruggaan en ons huiswerk doen. Ons waarsku die seisoenswerkers dat hulle ook maar net dieselfde behandeling as ons sal ontvang,” het hy gesê.

“Ons sien selfs bestuurders is by die geldlaai, wat teen die reëls is. Dit is onaanvaarbaar. As daar reëls is moet albei partye dit respekteer.”

‘n Geskil is reeds in Junie by die arbeidskommissaris aanhangig gemaak.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!