Hofdag oor fosfaat kom volgende week
Die fosfaatgroep se woordvoerder besweer die vrese van die omgewingsbeskermers en die visvangbedryf wat teen 'n nuwe mynbougeleentheid in die diepsee gekant is.
Augetto Graig – Die hoërhof sal op Dinsdag 7 Julie die hofsaak teen die goedkeuring vir ondersese fosfaatmynbou voortsit wat deur die Confederation of Namibian Fishing Associations, die Namibian Hake Association en die Midwater Trawling Association of Namibia gevoer word.
Namibian Marine Phosphate (NMP) se hoof uitvoerende beampte, mnr. Chris Jordinson, dring aan hul Sandpiper-projek kan vir Namibië groot waarde inhou en kan selfs die begin van 'n nuwe kunsmisbedryf in die land wees.
“Ons gaan voort met die projek. Ons glo ons sal in die hof seëvier. Ons sal nie die visvangbedryf doodmaak of littekens op die omgewing agterlaat nie,” het hy in 'n onlangse Zoom-onderhoud gesê.
Jordinson sê reputasie is altyd 'n sentrale motivering vir enige belegger, en vir NMP is die blote gedagte aan misbruik van mynbouregte of die onverantwoordelike beskadiging van die omgewing onaanvaarbaar.
“Ons is 'n maatskappy moet groot agting vir ons reputasie,” sê hy.
Fosfaatmynbou het ongelukkig 'n nare reputasie vir minagting van omgewingskwessies. Bekende voorbeelde sluit in die eiland Nauru, asook die Tunisiese streek Gafsa, waar fosfaatontginning tot omvattende verwoesting bygedra het.
Maar Namibië is nie Tunisië nie, sê Jordinson.
“Namibië het uitstekende regulerende beleid en waghondliggame wat toesien dat alle mynbedrywighede gemonitor word om rampe soos dié in Tunisië te vermy.
“Dit word bewys deur die Namibiese mynboubedrywe soos uraan en seebodemdiamante wat noukeurig gemonitor word en reeds vir dekades belangrike bydraers tot die nasionale ekonomie is,” sê hy.
Jordinson voeg by: “Die omgewingswetgewing van Namibië is goed omskryf en regulerende instansies het wêreldwye beste praktyke aangeneem, wat nie toelaat dat enige mynbou- of vervaardigingsonderneming met swak afvalbestuurspraktyke in Namibië bedryf word nie.”
Die hoof van operasies by NMP, mnr. Mike Woodborne, sê tegnologie om die impak van diepsee baggerwerk te monitor, het ook baie gevorder in die laaste jare sedert die Sandpiper-projek in 2012 voorgestel is.
Met die gestandaardiseerde baggerwerkoperasie wat NMP voorstel, is die impak op die omgewing 'n kwessie van skaal, sê hy. Hy beklemtoon dat Sandpiper-verwante baggerwerk wat twee en 'n halwe meter onder die see-oppervlak gedoen sal word, net 2,5 km² van die bodem per jaar sal behels.
In vergelyking word 15 km² per jaar deur diamantmynbou vanaf die seebodem opgeneem, terwyl vistreilers meer as 18 500 km² per jaar kan dek.
Deur nie dieper te grawe nie, en deur onaangeraakte korridors tussenin te los, sal die impak op die omgewing verder verminder word, sê hy.
Woodborne is oortuig die visvangbedryf en ondersese fosfaatmynbou sal saam kan floreer.
Verdere verskille tussen Tunisië se fosfaat-ervaring en wat NMP vir Namibië beplan, sluit in die meganiese proses waardeur die fosfaat van die erts verdeel sal word, teenoor die chemiese proses wat in noord-Afrika verwoesting gesaai het.
Namport het reeds in beginsel grond vrygestel vir die aanleg waar tussen 60% en 70% van die opgesuigde seebodem tot fosfaatkonsentraat verwerk sal word, sê Jordinson.
Die aanleg kan roumateriaal vir 'n internasionale of moontlik plaaslike kunsmisbedryf voorsien.
Volgens 'n 2018-studie sou so 'n plaaslike bedryf meer as 50 000 werksgeleenthede kon skep; meer as 9% tot die BBP van die land kon bydra; meer direkte buitelandse belegging na Namibië lok; belastinginkomste vir die regering met 6% verhoog, en buitelandse valuta invorder.
Marokko en Egipte is voorbeelde waar soortgelyke ontwikkeling baie suksesvol verloop, sê hy.
Jordinson sê beleggers is steeds heeltemal aan boord met die projek wat sowat N$4 miljard sal benodig om volledig ontwikkel te word. Internasionale fosfaatpryse is ook nog stabiel.
Sodra goedkeuring verkry word en met opdatering van die finansieringsplan vir die projek, sal NMP Sandpiper binne 18 maande operasioneel kan wees.
Volgens hom het hulle reeds die minister van myne en energie oor die projek ontmoet. Hulle wil graag ook met die nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne vergader.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie