Hoff getuig oor 'moordkomplot'
Jacqueline Louw – Me. Susanne Hoff, ’n Windhoekse sakevrou wat daarvan beskuldig word dat sy drie mans gehuur het om haar man te vermoor, het vandag haar getuienis in die Katutura-landdroshof gelewer.
Die beskuldigde het in Junie vanjaar onskuldig gepleit op ’n klag van sameswering om moord te pleeg. Die staat beweer sy het gedurende November 2011 met drie mans saamgesweer om haar man, Egbert, te vermoor.
Hoff het gister vir die eerste keer sedert die aanvang van die verhoor ’n kans gehad om haar saak te stel. ’n Storie van ’n sprokiesverhaal wat verskriklik verkeerd geloop het, het in die hof ontvou. Die beskuldigde het getuig hoe sy in 1985 op vakansie na Namibië gekom en haar aanstaande man hier ontmoet het. “Hy was die liefde van my lewe” het sy getuig. Hulle is op 27 Februarie 1989 getroud. ’n Dogter en seun is uit die huwelik gebore.
Die beskuldigde het getuig dat sy meer geld as haar man in die huwelik ingebring het en dat hy gedurende die huwelik finansiële probleme ondervind het. Sy het hom deurentyd finansieel ondersteun omdat sy geglo het dat hy ’n sukses van sy besigheid en boerderybedryf sal maak. Die probleme het egter al hoe erger geraak. Sy het getuig dat benewens die finansiële probleme haar man ook emosionele probleme ontwikkel het, soos wat sy selfvertroue saam met sy kwynende besigheidsondernemings verdwyn het.
Sy het getuig van die paartjie se gesamentlike passie vir perde en hoe sy in 1986 haar eerste perd aangeskaf en daarna ook een aan haar man as geskenk gegee het sodat hulle hul liefde vir die diere kon uitleef. Uiteindelik het sy ’n hele stoet vir teeldoeleindes aangeskaf.
Sy het getuig dat sy al hoe meer die broodwinner vir die familie geword het en haar man altyd met sy skuld moes help. Na ’n perdry-ongeluk in 2008 waartydens Egbert ernstig beseer is en probleme met sy heup ondervind het, het hy al hoe meer sosiaal onttrek en ook aggressief en agterdogtig geraak. Hoff het getuig hoe die huwelik onder die druk van haar besige loopbaan en finansiële probleme begin disintegreer het. Sy het ook getuig dat haar man haar in November 2011 aangerand het. In 2012 het sy met egskeidingstappe teen hom begin.
Hoff het verder getuig hoe haar eggenoot ’n nuwe motor, plaasimplemente en klere met ’n banklening gekoop het en ook ’n reis na Duitsland onderneem het. Na hierdie gebeure het sy van die perde begin vermis. Volgens haar het haar man gesê die perde is aan perdegriep dood, maar die omstandighede was verdag en sy het agterdogtig geraak.
Deur haar sakebedrywighede het sy vir mnre. Fanuel Haiduwa ontmoet wat haar aan mnr. Wilbard Malima voorgestel het. Dié sou haar help om skuld in te win. Malima wou dadelik vir haar begin werk, maar sy was nog nie gereed nie, het sy getuig. Dit is toe dat sy die idee gekry het om Malima te gebruik om ’n lokval te stel vir haar man om uit te vind of hy haar stoetperde verkoop.
Op hierdie punt het dinge volgens haar verkeerd begin loop. Malima en ’n helper, mnr. Jekonia Shipepe, het volgens haar nie instruksies uitgevoer om op presiese tye afsprake met haar man te maak sodat sy ook teenwoordig kan wees en hom op heterdaad te betrap nie. Sy het N$10 000 aan die twee gegee vir ’n perdetransaksie met haar man en sou hulle daarna vergoed vir hul dienste. Die twee mans het haar laat verstaan dat hulle hul opdrag uitgevoer het – alhoewel hulle haar nie laat weet het sodat sy teenwoordig kon wees nie. Sy het getuig hoe sy hulle op die aand van 30 November 2011 sou ontmoet het om hul vergoeding te gee. ’n Derde persoon wat saam met Malima en Shipepe op daardie aand opgedaag het, was ’n polisieman en sy is daardie aand gearresteer op ’n klag van sameswering om haar man te vermoor.
Misterieuse gebeure is in die hof onthul. Hoff het ook getuig dat terwyl sy op borgtog vrygelaat is, twee mans haar in Oktober 2015 by haar kantore genader het om haar polisiedossier aan haar te verkoop. Sy het dit aan die polisie gerapporteer.
Hoff het ten slotte getuig dat sy nie by haar man se dood sou baat nie en in die geval van sy sterfte sy effektiewelik onmiddellik die plaas sou moes verlaat omdat dit weer in haar skoonvader se besit sou wees.
Landdros Alexis Diergaardt het die verhoor tot 15 September uitgestel.
Adv. Esi Schimming-Chase verteenwoordig Hoff en me. Samantha Diergaardt verteenwoordig die staat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie