Hoff-verhoor sluit af
Beskuldigde in moordkomplot weer in getuiebank
Jacqueline Louw - Die Windhoekse sakevrou, me. Susanne Hoff, het gister voor regter Alexis Diergaardt in die getuiebank verskyn vir kruisondervraging deur die staatsaanklaer, me. Samantha Diergaardt.
Tydens ondervraging deur Diergaardt het Hoff getuig dat in die geval van haar man, Egbert Hoff, se dood die gedeelte van die plaas waarop hulle woonagtig was en wat deur Egbert se vader aan hom geskenk is, na sy vader sou teruggaan. Hoff het getuig dat sy gedurende 2010 in kennis gestel is dat haar man sy testament verander het, maar dat sy geen kennis van die inhoud daarvan dra nie.
Die staatsaanklaer wou weet waarom Hoff in haar egskeidingsgeding meer as N$5 miljoen van haar man geëis het terwyl sy beweer dat sy finansiële posisie nie goed was nie. Hoff het hierop gereageer dat hy geld van verskeie bronne gekry het, onder andere van familielede, die verkoop van lewende hawe en van jagters wat die plaas besoek het. Volgens haar was hierdie inkomste nie in sy boekhouding aangeteken nie. Hoff het die eis van N$5 miljoen verklaar deur te verduidelik dat haar eie boedel ’n verlies gely het deur middel van lenings aan haar man en die onderhoud van haar twee kinders en sy hierdie geld wou verhaal.
Diergaardt het dit aan Hoff gestel dat indien sy in ’n sterker finansiële posisie as haar man ten tyde van ’n egskeiding sou wees, sy ’n betaling aan haar man sou moes maak. Hoff het hierop gereageer deur aan te voer dat indien sy die ware toedrag van sake aan die hof sou openbaar, sy nie enige geld sou verloor nie. Sy het ook getuig dat op grond van egbreuk sy nie enige betaling aan haar man verskuldig sou wees nie.
Hoff se getuienis in verband met mnr. Wilbard Malima, wat beweer dat Hoff hom betaal het om haar man te vermoor, is dat sy ’n lokval vir haar man wou stel omdat sy vermoed het dat hy stoetperde (wat ’n waarde van tussen N$60 000 tot N$120 000 het) sonder haar medewete verkoop. Na onderhandelinge met Malima het sy N$10 000 aan hom gegee sodat hy ’n ontmoeting met Egbert Hoff kon reël en voorgee dat hy van plan was om ’n perd te koop. Die idee was dat die N$10 000 as deposito vir die perd sou dien en dat Malima Hoff van die transaksie sou verwittig sodat sy haar man op heterdaad kon betrap.
Volgens Hoff het Malima nie die taak aan hom opgelê, uitgevoer nie en hy het haar in ’n polisielokval gelei wat tot haar inhegtenisneming gelei het.
Op die staatsaanklaer se vraag of sy dink haar man het teen haar saamgesweer, het Hoff geantwoord “Wetende wat ek nou weet – ja”. In herondervraging op dieselfde vraag deur adv. Esi Schimming-Chase, het sy gerea-geer dat hy die enigste een was wat by haar inhegtenisneming sou baat.
Die aanhoor van alle getuies in die saak is gister afgehandel en regter Diergaardt sal haar uitspraak lewer nadat die verskeie regsverteenwoordigers hul pleidooie gelewer het.
Schimming-Chase in opdrag van me. Karin Klazen van die regsfirma Ellis Shilengudwa Ingelyf verteenwoordig vir Hoff en me. Samantha Diergaardt tree namens die staat op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie