Hoffmann uit volksmoordkomitee
Die tegniese komitee het nog altyd onafhanklik gewerk, sê me. Ida Hoffmann.
Catherine Sasman
Die volksmoord-aktivis me. Ida Hoffmann bevraagteken 'n besluit wat die Nama Tradisionele Leiersvereniging (NTLA) geneem het om haar as sameroeper en voorsitter van die Nama-volksmoord se tegniese komitee te verwyder.
Dié besluit is tydens 'n spesiale vergadering op 20 September geneem.
Volgens 'n kort verklaring wat deur die NTLA uitgereik is, is besluit om “Hoffmann se verteenwoordiging op enige interne liggame of instellings nie langer te erken nie”.
Volgens die verklaring is hul Ovaherero- en Ovabanderu-eweknieë van die besluit om volksmoordaangeleenthede nie met Hoffmann te bespreek nie, in kennis gestel.
Die verklaring op die NTLA se briefhoof is deur die hoofmanne, mnre. Petrus Kooper en Dawid Frederick, onderteken.
Volgens Hoffmann is geen verduideliking vir dié drastiese stap gegee nie.
In 'n brief wat sy aan die twee hoofmanne gestuur het, sê Hoffmann die verklaring is nie aan haar persoonlik gerig nie en is daarom 'n openbare dokument.
Volgens haar is Kooper en Frederick se handtekeninge vervals.
“Dit is 'n onprofessionele en lafhartige dokument,” het sy gesê.
Volgens Hoffmann het die NTLA nie die outoriteit om haar te verbied om haar met die sake van die Nama- tradisionele gemeenskap te bemoei nie.
“Ek sal myself daarby betrek omdat hul probleme van nasionale en besondere belang vir my is,” het sy gesê. Sy het bygevoeg sy gaan voort met haar werk wat sy sonder die NTLA se betrokkenheid begin het.
Hoffmann het gesê die Nama-volksmoord se tegniese komitee “het nog altyd bestaan”, is as onafhanklike organisasie bedryf en ondersteun en lei die werk van die NTLA.
“Die NTLA het 'n trein gehaal wat reeds vertrek het. Daarom het die onttrekking van die mandaatbrief geen positiewe of negatiewe uitwerking op die pad vorentoe vir my en die volksmoordkomitee nie,” het Hoffmann gesê.
“Of jy daarvan hou of nie, ek sal voortgaan om op enige manier tot die sosiale, ekonomiese en politieke opheffing van die Nama-mense by te dra, met of sonder jou ondersteuning. U sal tevergeefs wag vir die dag dat ek terug sal staan,” het sy bygevoeg.
In haar korrespondensie aan die NTLA het Hoffmann gesê sy is op pad New York toe vir die volksmoordhofsaak waar sy besprekings en konferensies oor die saak sal bywoon.
Die voorsitter van die NTLA, mnr. Lazarus Kairabeb, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie