Hofnuus
Palmwag
Vrou glo 13 keer gesteek
Mnr. Lourence Hoeb (31) het Dinsdag in die landdroshof op Khorixas verskyn nadat hy sy eksmeisie glo herhaaldelik met ’n mes toegetakel het.
Hy staan tereg op klagte van poging tot moord onder die wet op huishoudelike geweld ná hy Saterdag op Palmwag sy 29-jarige eksmeisie tydens ’n argument glo 13 keer met ’n mes gesteek het.
Die staatsaanklaer, mnr. Kamwi Mpambo, het borgtog teengestaan weens die erns van die misdaad en omdat dit nie in openbare belang sou wees nie. Die staat vrees ook Hoeb sal met die getuies en die polisieondersoek inmeng.
Die saak is tot 6 April vir verdere ondersoek uitgestel, asook vir Hoeb om formeel om borgtog aansoek te doen. Hy het aangedui hy gaan homself verdedig. Mnr. Sean Nangombe was op die bank. - Nampa
Nkurenkuru
‘Wildvelsmokkelaars’ uit op borg
Twee mans wat verlede Vrydag glo met ’n luiperdvel en twee krokodilvelle op Nkurenkuru in die Kavango-Wesstreek vasgetrek is, is op borgtog van N$8 000 vrygelaat.
Mnre. Haingura Patrick (54) en Richard Malimbo (30) het in die rondgaande hof op Kahenge verskyn.
Die twee staan tereg op ’n klag van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte ter waarde van N$240 000.
Die saak is tot 10 Maart vir verdere polisieondersoek en pleitdoeleindes uitgestel. - Nampa
Khorixas
Man agter tralies ná hy van ouma steel
Prinsley Nuseb (29) is Dinsdag tot 30 dae tronkstraf gevonnis nadat hy van sy ouma gesteel het.
Nuseb, wat Maandag in hegtenis geneem is, het in die Khorixas-landdroshof op klagte van diefstal voor landdros Sean Nangombe verskyn.
Hy het op 22 Desember ’n pot ter waarde van N$750 uit sy ouma se huis gesteel, asook ’n deur van N$300 en ’n elektriese kabel van N$99.
Die landdros het Nuseb tot 30 dae gevangenisstraf of ’n boete van N$1 000 gevonnis. Nuseb het nie die geld gehad om die boete te betaal nie en moes tjoekie toe. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie