Hofsittings geskuif
Denver Kisting – Beskuldigdes wat hul eerste hofverskyning in die Windhoek-landdroshof in Lüderitzstraat sou maak, sal voortaan voor die Windhoek-landdroshof in Katutura gedaag word.
So sê die woordvoerder van die regbank, mnr. Ockert Jansen.
Dié maatreël kom te midde van die heersende noodtoestand in Namibië om die verspreiding van Covid-19 in die land hok te slaan.
Howe oraloor die land lewer tans beperkte dienste.
In dié stadium is 11 bevestigde gevalle van die virus in Namibië aangeteken.
Jansen sê die jongste hofreëling sal geld vir die duur van die inperkingsbevel wat tot 17 April van krag sal wees in die Khomas- en Erongostreek “of tot verdere kennisgewing”.
Volgens hom sluit dit eerste hofverskynings “en ander dienste” in wat die Windhoek-landdroshof in Lüderitzstraat lewer.
-[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie