Hofuitspraak vertraag Brexit nie
Vida Booysen
Brexit het nie brieke nie – selfs al het die Britse Appèlhof Dinsdag 'n paar spoedwalle neergelê.
Dít is die gevolgtrekking waartoe beleggers gekom het nadat Brittanje se hoogste hof Dinsdag beslis het die Britse premier, Theresa May, moet eers die Britse parlement se goedkeuring kry om die land se uittrede uit die EU aan die gang te sit.
Die Britse pond het wel Dinsdag effens veld verloor teen die dollar, maar dit is duidelik dat die uitspraak te wagte was en dat markte dit reeds ingeprys het.
Teen Dinsdagmiddag het die pond met 0,7% teen die dollar gedaal en op US$1,25 verhandel. Die geldeenheid het sedert Oktober tussen vlakke van US$1,20 en US$1,27 gewissel, so daar was geen skerp verlaging nie.
Beleggers besef die nederlaag wat die Britse regering in die appèlhof gely het, sal Brexit nie uitstel nie, het Bloomberg berig.
Brittanje se hoogste hof het beslis die Britse premier, Theresa May, moet eers die Britse parlement se goedkeuring kry om die uittrede aan die gang te sit.
“Dinge kan verkeerd loop in die parlement, maar ek sien nie op die oomblik wat daardie dinge kan wees nie,” het Prof. Philip Cowley van Queen Mary-universiteit in Londen aan Bloomberg gesê.
“Selfs al is daar 'n meerderheid parlementslede wat in die EU se enkelmark wil bly, weet ek nie hoe hulle die wetgewing kan verander nie.”
Wetmakers kry nou die kans om die regering se standpunt vir 'n sogenaamde “harde Brexit” te probeer versag.
Dit behels 'n ooreenkoms met die EU wat perke op immigrasie bokant toegang tot die EU se enkelkanaalmark stel.
Die regters het eenparig beslis dat die parlemente in Skotland en Noord-Ierland nie hoef te stem oor die art. 50-proses waarmee Brittanje formeel sy lidmaatskap van die Europese Unie (EU) beëindig nie. Dit is goeie nuus vir May.
Die rand het met 1,17% teenoor die pond verstewig en het Dinsdagmiddag teen R16,60 verhandel.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie