Hokreu00ebls bly duister
Hokreu00ebls bly duister

Hokreëls bly duister

Denver Kisting
Denver Kisting



Die Namibiese regering het die afgelope dae ­verskeie weergawes gehad oor ­byvoorbeeld wanneer die hokmaatreëls vir die Khomas- en Erongostreek vanweë Covid-19 in werking tree.

Volgens die enigste ­skriftelike kennisgewing – Dinsdag se kabinetsbesluit – word Khomas en Erongo­streke ingeperk vir 21 dae, vanaf Vrydag 27 Maart 2020 tot Donderdag 16 April 2020.

Dr. Bernard Haufiku, wat aan spits staan van pres. Hage Geingob se Covid-19-taakspan, het meer as twee keer aan ­Republikein gesê die maatreël sou net ná middernag vanoggend, 27 Maart, van krag geword het.

Volgens die kalender verstryk die 21 dae op Donderdag 16 April.

Haufiku het egter gisteroggend tydens 'n gesprek met die Redakteursforum van Namibië (EFN) gesê die maatreël tree vannag middernag in werking.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, het eergisteraand ook aan NBC-nuus gesê die maatreël tree vannag in werking. Toe hy daarop gewys is dat dít 28 Maart sal wees en op die talle onduidelikhede, het hy slegs die NBC-opname met Republikein gedeel.

Haufiku het gister toegegee daar heers verwarring en klarigheid is noodsaaklik.

Mushelenga het gisteraand sy weergawe van die vorige aand op nasionale televisie herhaal.

Hy het gesê 'n nuus­konferensie sal na verwagting vandag by Staatshuis plaasvind waar verdere besonderhede verskaf sal word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!