Hollywood vs. nuwe Withuis
Hollywood vs. nuwe Withuis

Hollywood vs. nuwe Withuis

Estelle de Bruyn
In wat baie mense as die hoogtepunt van die Golden Globes-toekennings vir die vermaaklikheidsbedryf beskou, het die aktise Meryl Streep, wat die Cecil B. DeMille-toekenning vir ‘n leeftyd se prestasie ontvang het, in haar aanvaardingstoespraak die Amerikaanse politieke klimaat en Donald Trump in die besonder die stryd aangesê, sonder om sy naam een keer te noem.

“Daar was een optrede vanjaar wat my geruk het,” het sy gesê. “Dit het hoeke in my hart gesink. Nie omdat dit goed was nie, maar omdat dit doeltreffend was en gewerk het. Dit het die gehoor laat lag en gemaak dat hulle hul tande wys.

“Dit was die oomblik toe die persoon wat gevra het om in die mees gerespekteerde stoel in ons land te sit, ‘n gestremde verslaggewer nagemaak het. Iemand bo wie hy ver verhewe is wat betref voorregte, mag en die vermoë om terug te veg. Dit het my hart gebreek toe ek dit sien. Ek kan dit steeds nie uit my kop uit kry nie, omdat dit nie ‘n fliek was nie. Dit was die regte lewe.”

Streep het verwys na Trump se opmerkings tydens die verkiesingsveldtog toe hy oënskynlik die spot gedryf het met Serge F. Kovaleski, ‘n verslaggewer van die New York Times wat aan 'n gewrigsiekte ly wat die funksionering van sy ledemate erg beperk.

Trump het in reaksie op die uitlatings van Streep haar as ‘n “Hillary-lakei” en ‘n “oorskatte aktrise” afgemaak. - Nampa/Reuters/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!