Home Corp vier dekade van sukses

Promosie-artikel
Augetto Graig
Augetto Graig - Kom vier Home Corp se tiende verjaardag saam met hulle in die Maerua-leefstylsentrum van 28 Junie tot 1 Julie.

Onder leiding van die hoogs ervare mnr. Philip Tromp spog die meubelwinkel met ’n splinternuwe uitleg ná maande se opknap- en herstelwerk.

Tromp sê Saterdag sal ’n hoogtepunt wees wanneer een gelukkige kliënt die waarde van die dag se aankope sal terugwen.

Tydens die verjaardagvieringe sal kliënte tot N$50 000 se pryse by Home Corp kan wen.

Sedert hul aankoms in Namibië aan die einde van 2007 het die besigheid nog net van krag tot krag gegaan.

Vandag spog hulle met ’n skouvloer van 2 000 vierkante meter en die grootste verskeidenheid meubels en toestelle onder een dak by hul perseel in Windhoek, waar 65 werknemers diens van die hoogste gehalte lewer.

“Ek veg vir goeie dienslewering,” sê Tromp, wat al meer as 17 jaar se ervaring in die bedryf gehad het voor hy Home Corp Namibië toe gebring het.

Die bekende plaaslike radiostasie Kanaal 7 sal van die perseel af uitsaai om te verseker niemand loop die naweek se verjaardagpartytjie en -geleenthede mis nie.

By Home Corp kan jy als van beddens tot selfone kry, en elke item is van die hoogste gehalte en word teen die billikste pryse verkoop.

“Ons waarborg die beste pryse,” sê Tromp, “en ons finansier tot op 24 maande.”

Hy waarsku dat topgehalte voorraad beperk is, en kliënte moet dus vroeg uit die vere wees om toegang tot die wydste verskeidenheid te hê.

Home Corp het tans twee winkels in Namibië: een in Windhoek en een in Swakopmund.

Die meubelverkopers baat by grootskaalse besparings danksy hul betrokkenheid by die massiewe Furnmart-groep in Botswana.

Furnmart is teenwoordig dwarsoor Suid-Afrika, Botswana, Zambië en Namibië.

Plaaslik is daar 34 Furnmart-winkels - van Katima Mulilo af tot op Aussenkehr.

Saam met Home Corp oorheers die groep tot 70% van die plaaslike meubelmark.

Hulle verskaf werk aan 700 mense dwarsoor die land en verkoop sowat 6 000 beddens ’n maand.

Laas jaar het hulle 500 vraghouers vol meubels van China af ingevoer.

Home Corp alleen spog met meer as 5 000 kliënte.

Tromp is nie te bekommerd oor die Namibiese ekonomie wat tans swak vaar nie.

“As mens die werk doen, speel die ekonomie nie so ’n groot rol nie.

"Dinge is ’n bietjie stiller en die mense koop nou meer met kontant. Maar in moeilike tye sit ons net meer in, en ons bestee meer op advertensies,” sê hy.

Harde werk, goeie diens en die regte beleggings is die hoekstene waarop mnr. John Tobias Mynhardt, stigter en voorsitter, al 65 jaar lank die groep bou.

Met ’n passie vir toerisme het Mynhardt nuwe sprankel na die meubelbedryf op die subkontinent gebring.

Hy is ook mede-eienaar van die beroemde Indaba-hotel in Johannesburg en beplan om een van die groep se eiendomme in Namibië in ’n nuwe hotel en inkopiesentrum te omskep. Dit behels die stuk grond tussen die Sekondêre Skool Centaurus en Windhoek se skougronde.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!