Hommeltuie help boere deur siek plante uit te wys
Hommeltuie help boere deur siek plante uit te wys

Hommeltuie help boere deur siek plante uit te wys

Petrus Malherbe – Nuwe tegnologie word beoog om vrugte- en druiweboere te help om peste en plantsiektes vroegtydig op te spoor sodat dit in die kiem gesmoor kan word.

Aerobotics is ’n Suid-Afrikaanse beginneronderneming wat tegnologie ontwikkel het wat hommeltuie gebruik om ’n digitale “afruk” van elke boom op ’n boer se plaas te maak.

Dié hommeltuie word weekliks oor ’n boer se plaas gevlieg, waarna masjienleer-tegnologie ingespan word om te bepaal of die gesondheid van enige van die bome of druiwestokke verander het.

“Peste en siektes word outomaties raakgesien en ’n waarskuwing word aan die boer gestuur om ondersoek te gaan instel,” verduidelik Tim Willis, finansiële hoof van Aerobotics.

Sodra die boer weet watter boom bedreig word, kan hy of sy gouer optree om die plant te behandel.

Die hommeltuie neem verskeie foto’s van die boer se wingerde en boorde, wat almal saamgevoeg word op Aerobotics se wolkbediener. Die maatskappy se tegnologie ontleed die beelde en maak die nodige aanbevelings, sê Willis.

Die gevorderde kamerategnologie van die hommeltuie kan ook tussen individuele bome onderskei, al groei hulle dig teenmekaar.

Boere kan vanaf enige plek ter wêreld aanlyn aanteken om die gesondheid van hul bome en wingerde na te gaan.

Maar beteken dit boere moet nou ’n peperduur hommeltuig aanskaf en dit self laat vlieg?

Nee, sê Willis. Boere kan van ’n diensverskaffer gebruik maak op die maatskappy se hommeltuig-netwerk. Hulle kan ook hul eie toerusting gebruik, as hulle sou wou. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 36° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 23° | 36° Keetmanshoop: 21° | 36° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 26° Mbabane: 19° | 26° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 13° | 28° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 23° | 26° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!