Hommeltuie kan jou medisyne aflewer
Australiese innovering en Namibiese entrepreneurskap is in dié projek saamgevoeg.
Augetto Graig – Namibië sal heel moontlik vandeesmaand, of in Februarie, die gebruik van hommeltuie begin inspan om medisyne op verafgeleë plekke af te lewer.
’n Wêreldleier in dié praktyk, Australië se Swoop Aero, het laas jaar ’n vennootskap met die plaaslike telemedisynepioniers Macquarie Medical Care, beter bekend as Dr. MacQ, gesluit.
Volgens die stigter van MacQ en selfverklaarde reeksentrepreneur, dr. Armid Azadeh, pas die twee ondernemings mooi bymekaar weens die gesamentlike doel om mediese sorg nader te bring aan mense wat dit nodig het.
“Ons het reeds in Mei 2021 begin praat nadat hulle ons genader het om te kan meeding vir ’n tender met betrekking tot sogenaamde laaste-myl-logistiek in Namibië,” brei hy uit.
Hoewel die tender reeds toegeken is, wil die betrokke nie-regeringsonderneming nog nie die bekendmaking doen nie, omdat verskeie ministeries betrokke is. Die eindverbruiker sal egter die ministerie van gesondheid wees,” het hy gesê.
Die diens sal gesondheidsbeamptes in staat stel om verskeie medisynes, bloedmonsters, Covid-inentings en ander voorraad spoedig tot by die mees afgeleë klinieke af te lewer.
Swoop Aero is reeds besig in Afrika met gevestigde filiale in Malawi en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK). In ’n nuusvrystelling uitgereik in Desember sê mnr. Eric Peck, uitvoerende hoof en medestigter van Swoop: “Ons visie is vir ’n wêreld waar voorsieningskettings sonder haakplekke emosionele en ekonomiese voorspoed kan bring vir almal wat daardeur bedien word.
“Logistiek in gesondheidsorg is ons brood en botter en ons het ons modelle van end-tot-end diensaanbieding uit werklike ervaring in sewe verskillende nasies noukeurig bestudeer. Ons is opgewonde om bedrywighede in Namibië te begin en unieke lewensreddingsmaatreëls te lewer, om die veilige hande van gesondheidsorgverskaffers en hospitale saam met ons vennote te versterk,” sê hy.
Azadeh sê die plan is om Swoop se kenmerkende Kookaburra-hommeltuie te ontplooi. Hierdie model, met die vermoë om tot 3 kilogram te dra, het reeds in 2019 in die DRK deur 50 vlugte oor 2 000 kilometer binne vyf dae 25 kg immuniseringsprodukte, medisyne en mediese voorrade afgelewer.
Die hommeltuig styg op, land en vlieg outonoom en gebruik die globale posisioneringstelsel (GPS) en internetverbindings.
Die vennote wag tans net op nodige goedkeuring vanaf die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) en hoop om in die eerste kwartaal van 2022 met hul eerste proefvlugte te kan begin.
Azadeh is ’n sterk voorstander van toegang tot gesondheid en mediese sorg en deur MacQ dien sy onderneming reeds sedert 2011 verbruikers, veral in toerisme waar gaste en werknemers ver van ontwikkelde plekke dikwels hulp benodig.
Ná registrasie in 2016 kon die maatskappy uitbrei om kliënte in mynbou, vervoer en selfs in stedelike gebiede te dien. Vennootskap met verskeie plaaslike apteke in Windhoek en in Swakopmund maak dit moontlik dat mobiele outomate toegerus met die MacQ-toep ook vir kliënte toegang tot mediese advies kan bied.
“Ons sien dat ons toep ook in stedelike plekke van toepassing is, en vir ondernemings waar werknemers soms geen, of te min, mediese versekering het om mediese sorg te bekom nie,” sê hy. Hy hoop MacQ kan vanjaar landswyd uitgerol word.
“Saam met Swoop kan ek sê ons is werklik besig om ons missie te vervul, naamlik om gesondheid binne die bereik van almal te bring,” sê hy.
– [email protected]
FOTO’s
Dr. Armid Azadeh is passievol oor toegang tot gesondheid vir almal.
Swoop Aero se Kookaburra-hommeltuie sal binnekort in Namibië vir medisyne-aflewering getoets word. Foto Swoop Aero
MacQ lewer reeds aanlyn mediese sorg aan Namibiërs in toerisme, mynbou en vervoer, terwyl sy diens ook in verskeie apteke beskikbaar is. Foto MacQ

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie