Homses kry ses jaar in plaas van drie
Homses kry ses jaar in plaas van drie

Homses kry ses jaar in plaas van drie

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Uitspraak in die appèl wat die staat by die hooggeregshof ingedien het teen die onskuldigbevinding van Esmereel Cerelda Homses op 17 van die 29 klagtes teen haar, is op 8 Junie gelewer.
Homses is in 2012 op 12 van 29 bedrogklagte skuldig bevind en effektiewelik tot drie jaar tronkstraf gevonnis.
Staatsaanklaer Ed Marondedze het in sy aansoek om verlof tot appèl betoog dat Homses op al die klagte skuldig bevind moes word, omdat die elemente van die klagte eenders was.
“Die hof was tydens die verhoor, deur middel van die staat se getuienis, daarvan oortuig dat die beskuldigde ’n doelbewuste werkwyse gehad het, en dat die feite in elke klag ’n opvallende ooreenkoms toon. Die hof was nie verkeerd in sy beslissing dat alle klagte dieselfde kenmerke het nie en dus is dit my voorlegging dat sy op alle klagte skuldig bevind moes word,” het hy gesê.
Homses het tussen 2005 en 2008 haar pos as regsadviseur gebruik om haar werkgewer te bedrieg deur vals eise in te dien. Santam het met die 12 klagte waarop sy skuldig bevind is, skade van nagenoeg N$465 245 gely. Die omvang van al 29 klagte het sowat N$1,1 miljoen beloop.
Die 29 bedrogklagte hou verband met eise wat Santam uitbetaal het aan mense wat na bewering nie daarop geregtig was nie. Dié transaksies het daarop gewys dat Homses goedkeuring vir dié betalings versoek het. Sy het egter tydens die verhoor beweer dat sy nie die enigste persoon was wat toegang tot haar rekenaar-wagwoord gehad het nie en dat enigiemand die versoeke namens haar kon gerig het.
In sy uitspraak het regter Sylvester Mainga genoem dat die hoërhof verkeerdelik op die feite en die getuienis as ’n geheel geoordeel het. Die getuienis was duidelik dat al 29 eise bedrieglik was en dat Homses self al die betalings in verband met die betrokke eise gemaak het.
Die appèlhof het bevind die vonnis wat regter Alfred Siboleka in die hoërhof opgelê het, te lig is en dus ter syde gestel moet word.
Regters Peter Shivute, Sylvester Mainga en David Smuts het ’n vonnis van tien jaar tronkstraf waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is, opgelê. Homses sal dus effektief ses jaar gevangenisstraf uitdien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!