Hond en baas kry tweede kans
Die hond, wat in die brand in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund erg beseer is, sterk goed aan.
Tanja Bause - Toe Sussie Dicklas en haar eienaar, mnr. Dicklas Geiseb, sowat drie weke gelede byna alles in 'n brand verloor het, sou niemand kon raai drie weke later sou beide 'n tweede kans op die lewe kry nie.
Die hond, wat in die brand in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund erg beseer is, sterk goed aan.
Volgens me. Sheelagh Bargot-Smith, van Swakop Vet Clinic, is sy Vrydag huis toe.
“Daar's nog 'n paar oop wonde, maar dit gaan baie goed met haar,” het Bargot-Smith gesê.
Geiseb se hele huis, behalwe een slaapkamer, is in die brand verwoes.
Vier ander huise het ook tot op die grond afgebrand.
Sussie het tydens die brand glo onder 'n bed weggekruip wat in die enigste kamer was wat nié deur die brand verwoes is nie.
Sy het ernstige brandwonde aan haar kop, snoet en voorlyf opgedoen.
Twee naweke gelede het 'n barmhartige samaritaan, mnr. Lenny Hoxobeb (27), met vriende se hulp 'n nuwe huis vir Geiseb en Sussie gebou – verniet.
“Ek het 'n skoenskoonmaakbesigheid nie ver van Dicklas se huis af nie. Ek het die brand gesien en hoe alles afbrand. Ek het ook agterna van Sussie gehoor en besluit ek moet help,” het hy gesê.
Hoxobeb het van sy vriende hiervan in kennis gestel en saam het hulle boumateriaal bymekaargemaak.
“Ek het 'n paar palette by my gehad om my onderneming mee uit te brei, maar het besluit ek kan dit op 'n ander tyd doen. Dicklas het nóú hulp nodig, so ek het al my palette aan hom geskenk,” het Hoxobeb gesê.
Afgesien van die nuwe huis, het hy en sy vriende vir Sussie boonop 'n nuwe hondehok gebou.
“Ek het onder baie moeilike omstandighede grootgeword en weet hoe dit voel om alles wat jy besit binne minute te verloor. Ek het vroeg geleer dat om 'n bietjie vir iemand te gee, baie beteken vir dié wat dit ontvang,” het Hoxobeb gesê.
“Vandag tref die noodlot iemand anders, maar môre kan dit jy wees, so ons moet gee en help waar ons kan.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie