Honda-ryers wys pas wie's baas
Ronelle Rademeyer - Die 22 motorfietsryers wat aan die 2017 Honda Quest-avontuurren in die noordweste van die land deelneem, het al die uitdagings tot dusver sonder teëspoed en ongevalle aangepak.
Hulle het op dag ses die moordende Van Zylspas baasgeraak en Maandag (dag sewe) die dik sand in die droë loop van die Khumibrivier met temperature van hoog in die 30 grade Celsius oorleef.
Die 12 dae lange avontuurren strek oor 2 500 km.
Ná sewe dae in die saal span die groep ryers nou vir twee dae by Puros in Kaokoland uit waar hulle wasgoed kan was en noodsaaklike instandhoudingswerk aan hul Honda CRF 1000 L Africa Twin-motorfietse doen, sê Jaco Kirsten, Honda se mediabestuurder vir gespesialiseerde avonture.
Hy sê Van Zylspas is nie eintlik ‘n pad nie, maar meer net ‘n roete wat deur die legendariese Ben van Zyl en sy span in 1965 oor die Otjihipaberge geskep is.
“Die Honda Quest het reggekry wat min ander kon doen: hulle het nie net die berugte Van Zylspas oorwin nie, maar dit boonop sonder enige skade of beserings reggekry,” sê Kirsten.
Op dag sewe het hulle die ooptes van die Otjiha-vlaktes bereik waar sake voor die wind geloop het, maar toe bereik hulle die rivierbedding van die Khumibrivier. Hier het die dik sand en die hoë temperatuur sy tol geëis – soveel so dat die organiseerders die groep die keuse gee om, waar moontlik, op die kant van die rivier langs te ry, vertel Kirsten.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie