Honde snuffel suksesvol Covid uit
Tanja Bause
Die snuffelhonde wat die Universiteit van Namibië (Unam) se skool vir dieregeneeskunde opgelei het om Covid-19 op te spoor, tel 90% van die verkose monsters wat Covid-19-positief is op en het tot dusver nie ’n vals negatief gehad nie.
Die skool het aan die begin van verlede jaar begin om Beagles as snuffelhonde op te lei.
Volgens dr. Anna Marais, mededekaan van die skool, behels die proses om ’n sweetmonster onder ’n persoon se arm te neem.
“Ons neem sweetmonsters van onder die arms van pasiënte wat hul toestemming gee. Dit word dan by Unam se Neudamm-kampus gebruik om die honde op te lei. Mense wat Covid-19-positief is se sweet ruik anders.”
Die honde kan gebruik word om mense wat Covid-positief of -negatief is, te toets.
“Die honde kan gebruik word wanneer daar byvoorbeeld ’n lang ry mense by ’n kliniek staan wat getoets wil word. Mense kan ’n sweetmonster gee en die honde kan diegene uitsnuffel wat negatief is – wat dan kan huis toe gaan – en die res kan verder getoets word.”
Dis tans ’n navorsingsprojek en die honde en die vrywilligers wat die honde oplei, is aan Unam verbonde.
“Ons kan egter mense en honde van die ministerie van gesondheid, omgewing en polisie oplei en hulle kan dan hul spanne na onder meer die lughawe of plekke stuur waar baie mense saamkom en die honde kan die res doen. Ons het nie die kapasiteit nie, aangesien die opleiers by Unam werksaam is en die opleiding in hul vrye tyd doen.”
Volgens Marais was die visekanselier onlangs in Finland en het hy met sy aankoms op die lughawe drie keuses gekry.
“Twee weke kwarantyn, ’n polimerase-kettingreaksie (PCR)-toets wat twee dae sal neem of ’n hondetoets van 0,5 sekondes. Dit wys dat die honde werk en hulle word al internasionaal gebruik. Ons groot hoop is dat die ministerie van gesondheid die hondetoets as ’n wettig toets in Namibië sal aanvaar. Die toets is vinnig en baie goedkoper as enige ander toets.”
Die honde-opsporingseenheid by Neudamm is deur private skenkings gebou.
“Sake-ondernemings en die publiek het en dra nog steeds tot die projek by en die resultate wat ons hier behaal – met ons vrywilligers en skenkings – is gelykstaande aan die van ons kollegas van oraloor die wêreld wat ten volle gefinansier is.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie