Hondelewe vir stropers
Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan die K9-teenstropingseenheid in nasionale parke, bewaringsgebiede, padblokkades, lughawens en grensposte ontplooi.
Francoise Steynberg op Waterberg - Pas ná die ministerie van die omgewing en toerisme met die opleiding van hul honde-eenheid teen stropery begin het, het 'n hond al sy eerste stroper in die Etosha Nasionale Park vasgetrek.
Boonop het Beno, een van vier Duitse herdershonde van die K9-teenstropingseenheid, ook vyf handwapens, twee gewere en spiese uitgesnuffel.
Die honde-teenstropingseenheid is Vrydag deur die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, by die Waterberg Teenstropingsopleidingsentrum in die Watergplato-park bekend gestel.
"Ons moet ons wild beskerm deur misdaad te voorkom. Die fokus op teenstropery is om te voorkom dat ons diere onwettig doodgemaak word en dat daar nie net opvolgwerk is ná hulle dood is nie," het die minister gesê.
Volgens Shifeta gaan perde ook in die toekoms vir teenstropery ingespan word.
Beno, Baron, Alex en Nora is die vier honde wat uit Holland ingevoer is en opleiding by Invictus K9 ontvang, wat in Zimbabwe gestasioneer is en in ses Afrikalande werk.
Volgens mnr. Mike Hensman van Invictus K9, het hy dié vier honde uit 200 gekies en die vyf hondehanteerders van die spesiale veldmagte uit 60 kandidate, wat vir ses weke lank strawwe opleiding ontvang het.
Shifeta sê die honde-eenheid sal in die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke, alle ander bewaringsgebiede en strategiese punte by padblokkades, lughawens en grensposte in die stryd teen wildmisdaad ontplooi word.
"Ons sal verseker dat ondersoek- en intelligensie-operasies omvattend is en dat daar 'n volle reeks tegnieke, ondersteunende tegnologie en stelsels beskikbaar is om inligting in te samel en te bestuur. Dit sal met wetstoepassingsoperasies geïntegreer word," het hy gesê.
"Genoeg is genoeg. Stropery moet heeltemal stop!"
STEUN VAN AMERIKA
Die ambassadeur van Amerika in Namibië, me. Lisa Johnson, was ook teenwoordig en het gesê 35 renosters is tot Augustus vanjaar in Namibië gestroop.
"Ondanks vordering wat in Namibië teen stropery gemaak is, is die land nie stropervry nie."
Johnson het gesê die honde-eenheid is een van die programme wat Amerika in Namibië ondersteun om wildmisdaad vas te vat.
"Amerika steun wildprojekte in Namibië deur middel van kursusse en toerusting ter waarde van US$20 miljoen," het die ambassadeur gesê.
Shifeta sê die honde is só goed opgelei dat hulle geboue, voertuie, bagasie en oop gebiede kan deursoek om vuurwapens, ammunisie en onwettige wildprodukte soos ivoor, renosterhoring, ietermagô-produkte, asook bosvleis kan opspoor.
Volgens Hensman kan hulle mense op verskillende terreine volg – selfs snags.
"Die vyf hondehanteerders (wie se name ter wille van hul veiligheid nie bekend gemaak kan word nie) is volgens hul sielkundige profiele gekies om te pas by die honde se persoonlikhede," het Hensman gesê.
Volgens hom kos 'n hond sowat US$5 000, maar ná opleiding is die dier sowat US$20 000 werd.
Die eenheid se basis by Waterberg is van wêreldklas gehalte en die honde se gewig, gesondheid en toesdtand word voortdurend geëvalueer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie