Honderde atlete gee hul alles op Swakop
'n Mens kon sien atlete brand om mee te ding, want hulle het hul beste moontlike prestasies gelewer, sê die organiseerder mnr. Hennie Horn.
Andrew Poolman – 'n Bykans ongelooflike 520 atlete van sowat 40 skole en klubs het laas Saterdag vir 'n sterk opkoms gesorg by die Athletics Development Club se ope atletiekbyeenkoms op Swakopmund.
Te danke aan die borgskap van die Pupkewitz-stigting kon die klub sy naam gestand doen en die ontwikkeling van atlete na die volgende vlak neem. Die geleentheid was die klub se amptelike opening, nadat hul registrasie by Atletiek Namibië in Maart vanjaar afgehandel is.
Atlete vanaf sesjarige ouderdom tot senior atlete – gestremde atlete ingesluit – het in hul onderskeie ouderdomskategorieë meegeding.
Van die Namibiese nasionale atlete (buiten Christine Mboma en Beatrice Masilingi, wat in Europa is) wat onlangs aan die onder 20-wêreldkampioenskap in Nairobi deelgeneem het, was ook daar – insluitend lede van die 4x100 vroue-aflosspan wat 'n merkwaardige silwermedalje ná Jamaika ingepalm het.
Ohangwena het 'n besonder sterk span na die kusdorp gestuur en is selfs deur hul streekgoewerneur vergesel. Die span van meer as dertig (meestal naellopers) het met hul dissipline beïndruk.
Ondanks die groot getalle ingeskrewe atlete is die maksimum van 92 op enige gegewe tyd op die baan toegelaat, afhangend van die programskedule.
Die ouderdomsgroep 6 tot 9 jaar is deur “baba-hekkies”, verspring vanuit die staande posisie en kort 60 meter-naellope vir groter atletiek geslyp.
Vanaf ouderdom 10 tot senior was die normale ouderdomsgroepbyeenkomste aangebied. Beamptes vanoor Namibië het diens gedoen en het lang ure gewerk om van hierdie kompetisie 'n sukses te maak.
“Dit was ongelooflik om die hoë standaard van die atlete te sien en verskeie rekords is gedurende die dag oortref. Nuwe talent het na vore getree en 'n mens kon sien hoe honger die atlete was om weer te kan meeding, want hulle het alles gegee. Selfs die sterk kuswind van voor kon die naellopers in die 100m nie terughou nie,” vertel Athletics Development Club se voorsitter en die byeenkoms se hooforganiseerder mnr. Hennie Horn.
“Atlete tussen ses en nege jaar het elk 'n klein geskenk gekry vir deelname en daar was medaljes vir die topdrie per item. Al die wenners het medaljes asook 'n blommeruiker ontvang, amper net soos by die Olimpiese Spele.”
Volgens Horn beplan die klub om voor die jaareinde saam met die Pupkewitz-stigting nog 'n Ope atletiekkampioenskap aan te bied. “Ons sal dié aankondiging binnekort maak.
“Ons klub bedank ook ons hoofborg, die Pupkewitz-stigting, vir die samewerking om atletiek in Namibië te ontwikkel.”
Die beste individuele presteerders in baan- en velditems per ouderdomsklas was soos volg:
10 TOT 13 JAAR
Guanito Noble (13 jaar, 200m 25.06, 983 punte)
Yoritha Delie (12 jaar, 200m 28.81. 892 punte)
Anro Bouwer (11 jaar, hoogspring 1.45m, 1012 punte)
Lana Botma (11 jaar, hoogspring 1.43m, 1039 punte)
15 TOT 19 JAAR
Ryk Erasmus (17 jaar, 400m 49.46, 936 punte)
Carien Oosthuizen (17 jaar, 100m, 12.71, 784 punte)
Josia Katroli (15 jaar, hoogspring 1.85m, 1000 punte)
Bernadette Smith (15 jaar, gewigstoot 12.39m, 906 punte)
SENIOR ATLETE
Elvis Gaseb (100m 10.55, 839 punte)
Nandi Vass (100m 12.54, 662 punte)
Anana Samuntu (hoogspring 2.00m, 819 punte)
Frieda Iithete (verspring 5.25m, 680 punte)
DIE VICTOR EN VICTRIX LUDORUMS
Victrix ludorum (10-13): Lana Botma (11 jaar) hoogspring 1039 + verspring 774 = 1813 punte
Victrix ludorum (15-19): Bernadette Smith (15 jaar) gewigstoot 906 + diskusgooi 865 = 1771 punte
Senior victrix ludorum: Nandi Vass 100m 662 + 200m 583 = 1245 punte
Victor ludorum 10-13: Guanito Noble (13 jaar) 200m 983 + 100m 916 = 1899)
Victor ludorum 15-19 jaar: Ryk Erasmus (17 jaar) 200m 894 + 400m 936 = 1830 punte
Senior victor ludorum: Mahmad Bock 100m 837 + 200m 768 = 1605 punte
• Die pryswenner vir die beste Paralimpiese atleet was Elize Meyer, 12 jaar oud van Edugate, wat met 'n gestremdheid in een arm deelneem. Sy het vir 100, 200, diskusgooi en gewigstoot ingeskryf en 1291 punte in haar twee beste items behaal.
FOTO’s VERSKAF
Itewa Nakapela is by Kuisebmond Sekondêre Skool se atletiekklub ingeskryf en het die 200 en 400 gehardloop.
Die Paralimpiese verspringer Bradley Murere.
Die o.17-atleet Megan le Roux het 1.53 meter in die hoogspring behaal.
Die 15-jarige diskusgooier Petrus Nangolo van Tsaraxa-Aibes atletiekklub.
Johanna Ludgerus, een van die senior naellopers van die Namibiese Korrektiewe Dienste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie