Honderde naskokke tref Alaska
'n Kragtige aardbewing van 7.0 het Vrydag paniek onder mense in Alaska gesaai en 'n tsoenamiwaarskuwing is uitgereik vir alle kusgebiede in die deelstaat.
Die BBC berig dat die aardbewing sowat 11 km noord van Anchorage, die grootste stad in die deelstaat, plaasgevind het. Bykans 300 000 mense woon in Anchorage met sowat 100 000 in die omliggende gebiede. Foto's van die nagevolge van die aardbewing is op sosiale media versprei en wys kruideniersware wat op winkelvloere lê en reuseskade aan geboue en paaie.
Sedert Vrydag se aardbewing is Alaska reeds deur honderde naskokke geruk, berig CNN.
Die kleiner skuddings, van 1.5 tot 2.5 of kleiner, is nie gevoel nie, sê Randy Baldwinm 'n geofisikus.
Meer as 350 van die naskokke was sterker as 2.5, het die American Geological Survey, aan CNN gesê.
Swaar sneeuneerslae het Alaska Sondag getref.
Geen ongevalle of ernstige beserings is as gevolg van die aardbewing aangemeld nie, berig CNN.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie