Honderde soldate gearresteer ná mislukte staatsgreep in Turkye
'n Faksie van die Turkse weermag het laasnag probeer om die bewind van pres. Recep Tayyip Erdogan omver te werp. Hulle het pantservoertuie en aanvalsvliegtuie gebruik, maar kon nie daarin slaag om die staatsgreep te laat slaag nie.
Volgens AFP het dié land se regering vanoggend volgehou hy het die beheer herwin en 'n sitting van die parlement wat vinnig byeen geroep is, regstreeks op televisie uitgesaai.
Amptenare sê 1 563 militêre offisiere is in hegtenis geneem.
Pres. Erdogan het in die vroeë oggendure vanaf die kus teruggevlieg na Istanbul en sê die hotel waar hy daar tuis was, is kort ná sy vertrek gebombardeer.
Hy het generaal Umit Dundar in tussen as waarnemende hoof van die weermag aangestel nadat generaal Hulusi Akar gevange geneem is. Volgens die private TV-stasie CNN Turk, is Akar later deur sy ondersteuneurs bevry.
Tot dusver het geen militêre offisier nog aanspreeklikheid vir die poging tot 'n staatsgreep aanvaar nie.
Foto: AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie