Honderde takel Visrivier se afstande

Jonk en oud het die suide van die land se spoggeleentheid ondersteun.
NAMPA
Salomo David het Saterdag sowat vier minute voor Aaron Tjivambi van die NDF klaargemaak om die eerste plek by die Visrivier-marathon op Keetmanshoop te wen.

David, 'n gesoute langasem wat reeds twaalf jaar gelede sy driekuns in nasionale kampioenskappe by die Rössing-marathon by die kus opgestel het, het Saterdag die 42.2 kilometer in 2 ure 34 minute 45 sekondes voltooi, met Martin Ntinda in die derde plek sowat 12 minute ná die wenner.

Die enigste vroueatleet wat vir die marathonafstand ingeskryf het, was Susara Coetzee.

Keetmanshoop se vernaamste sportgebeurtenis, in sy 31ste bestaansjaar, word jaarliks vir drawwers, stappers en fietsryers aangebied met die Lüderitz-pad wat vir die roete gebruik word.

Die 104 kilometer fietsresies vir mans is vanjaar deur Niel Brandt in drie ure 14 minute 29 sekondes gewen.

Saam met Brandt op die podium was Louis Coetzee (tweede in 3:18:11) en Gerhard van der Merwe (3:34:48) in die derde plek.

Lulu Ceronio het die fietsresies vir vroue in 4:11:59 gewen, gevolg deur Koba Becker (4:46:39) en Louwene Radford net drie sekondes later.

Die fietsrit oor 42 km se manswenner was Carlos Peris, 'n 65-jarige veteraan, gevolg deur nog twee veterane in Renier Oberholzer (56 jaar, tweede) en Jacques Ludick (54). Die 16-jarige Danie Coetzee het goed gevaar om algeheel vierde, ná die drie senior mans, in 1:42:19 klaar te maak.

Geraldine Rhoman en Glaudi de Klerk was onderskeidelik eerste en tweede in die vroue se fietsresies oor 42 km.

Die 21 km halfmarathon se sterre in die mansafdeling was Matheus Jesaya, Elia Uugwanga en Simon Ingo wat onderskeidelik eerste, tweede en derde was.

Almal van hulle was in minder as 1 uur 30 minute oor die eindstreep.

Die halfmarathon se vrouewenners was Anina Potgieter, Sonja van Kradenburg en Sarah Walters.

Die organiseerders, die Naute Sportforum, het vanjaar 'n 7 km veldwedloop bygevoeg wat nogal gewild was as die meer as 200 skoolkinders wat ingeskryf het, 'n aanduiding is.

Vanjaar se kompetisie het nagenoeg 300 deelnemers in al die verskillende sportkategorieë ingesluit, waaronder ook 'n pretstap van 10 km getel het.

Keetmanshoop se twee laerskole Don Bosco en St. Matthias het weggestap met medaljes en geskenkpakke nadat beide skole altesame 67 kinders in die veldresies oor sewe kilometer ingeskryf het.

Die Primêre Skool Blouwes het 31 leerders ingeskryf vir die wedloop waarin die kinders tussen 9 en 16 jaar oud was.

“Die kinders was baie gretig en het baie vinnig gehardloop om almal in minder as 'n halfuur klaar te maak. Ons is gelukkig dat daar geen beserings was nie.

“Hulle was almal baie opgewonde oor die geskenke wat hulle gewen het,” het Christopher Losper, 'n plaaslike onderwyser, gesê.

Gesamentlike prysgeld van meer as N$57 000 is Saterdag aan atlete uitbetaal, het die organiseerders gesê.

Die hoofborge was Nedbank, Cymot en die Wimpy in Keetmanshoop. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!