Hondsdol koedoebul van kant gemaak
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het Maandagoggend ‘n koedoebul in ’n cul de sac agter die ouditeursfirma Ernst & Young in Klein-Windhoek van kant gemaak.
Die koedoe het die tipiese gedrag van ‘n hondsdol dier getoon, naamlik dat dit vreesloos en “mak” voorgekom het.
Mnr. Sean Naudé van die private nooddienstegroep Namibia Marshall Rangers sê die koedoe is eers in ‘n pypsteeloprit by huis ‘n ent daarvandaan opgemerk.
Daarna het die dier in Nelson Mandelaweg opgehardloop.
Beamptes van die ministerie en die nooddienste het die dier probeer afkeer na ‘n veiliger gebied en dit uiteindelik teen ‘n rivierloop agter dié ouditeursfirma van kant gemaak, sê hy.
Foto's: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie